Dis Hoe Ons Rol – Van die mat tot moontlik platsak

Loading player...
Hierdie week op KLETS rol ons die mat uit en bring ’n regte hou (of vyf).

Ons gesels met Stephanie Graham, Colene se Jiu-jitsu afrigter. Stephanie het onder andere 'n swart gordel in karate, blou beld in Jui-jitsu en is 'n trauma-informed coach asook voltydse Gracie-legende by die Gracie Jiu-jitsu sentrum in Fourways, Johannesburg. Sy leer kinders hoe om boelies te counter in die BullyProof® program, help vroue hul krag vind met Women Empowered®, en glo: jy is die moeite werd om jouself te verdedig – selfs al dink jy nie so nie.

Ons praat oor:
- Waarom selfverdediging nie net oor balkei gaan nie, maar oor die regte mindset
- Wat 'n mens op die mat leer wat jou lewe kan verander
- Waarom elke vrou haar plek op én van die mat moet volstaan
- En hoekom Jiu-jitsu jou nie net leer hoe jouself te verdedig nie – maar hoe om te leef met selfvertroue, kalmte, krag en bewustheid

Ons kyk ook aan die ontstellende ontvoeringsyfers in Suid-Afrika – statistieke waaroor min gepraat word in hoofstroommedia, maar wat elke ouer, vrou en burger behoorlik moet wakker skud. Selfverdediging is nie ’n nice-to-have nie, dis nou noodsaaklikheid.

Stephanie bring nie net tegniek nie – sy bring transformerende insigte. Letterlik én figuurlik.

Dan rol ons van grondgreepe na geldsorge – die 2025-begroting stemdag wag vir ons op 2 April en dan sal ons hoor wie in die Regering van Nationale Eenheid (RNE) het die sterkste "Arm Lock". Of het die regering ons weer in 'n "Rear Naked Choke"

Verder:
- ’n ou in Johannesburg met ’n baie unieke besigheid, en
- ’n 66-jarige vrou wat haar 10de kind kry – #fiks

Dis hoe ons rol in vandag se KLETS.
2 Apr 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min