
Jan Taks monitor BTW op invoere
--:--
Sommige besighede in Namibië raak kreatief as dit kom by die betaal van BTW op invoere. Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, sê teen die einde van Februarie vanjaar was 5 182 belastingbetalers sowat 1,7 miljard Namibiese dollar in totaal aan uitgestelde BTW-betalings verskuldig. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.