35 jaar onafhanklik, kom ry 35 kilos môre, vir pret

--:--
Die Stad Windhoek nooi aktiewe jeug uit om deel te neem aan die Onafhanklikheidsdag fietsrit ter viering van Namibië se 35ste Onafhanklikheidsherdenking. Dit strek oor 35 kilometer en vind môre plaas. Registrasie is by die Physically Active Youth, PAY, en begin half-ses. Ouer as 16, kom ry saam! Kosmos 94.1 Nuus het met die stad se koördineerder Hilda Nathnael, gepraat.
28 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Staatstoelaes wel op tyd betaal

Maatskaplike staatstoelaes is toe wel Dinsdag op tyd betaal, sê NamPost. NamPost het Maandag aanvanklik gesê ‘n tegniese oponthoud by die finansministerie gaan beteken dié toelaes, wat pensioene insluit, sou nie betyds uitbetaal kon word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Gladwin Groenewaldt, NamPost se hoof van bemarking en kommunikasie,…
2 Apr 11AM 1 min

NVG gaan Omotoso-uitspraak hersien

Die Nasionale Vervolgingsgesag erken die Hooggeregshof in Gqeberha se uitspraak wat die Nigeriese televisie-evangelis, Timothy Omotoso, en sy medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, vryspreek op 32 aanklagte, insluitend verkragting, seksuele aanranding en mensehandel. Regter Irma Schoeman het vervolgingsfoute en onvoldoende kruisondervraging aangehaal in die saak, wat agt-jaar gesloer het…
2 Apr 11AM 1 min

Waardigheid van Nambiërs met albinisme bevorder

Namibië het tans 38 000 mense met albinisme, waarvan 17 000 jonger as 19 jaar is. Die Support in Namibia of Albinism Sufferers Requiring Assistance, of Sinasra, ondersteun hulle met beskermende drag, visuele toestelle en bewusmaking. Dr. Johanna Shuuluka, ‘n oogkundige en vrywilliger by Sinasra, brei uit oor die belangrikheid…
2 Apr 11AM 1 min

DA eis trekpas vir onderwysers met seksoortredings

Die DA in Gauteng eis die onmiddellike afdanking van tien onderwysers wat veroordeelde seksoortreders is, maar steeds skoolhou. Die LUR vir onderwys, Matome Chiloane, het dit onthul na aanleiding van die party se vrae in die wetgewer. Michael Waters van die DA sê volgens Chiloane is 40 onderwysers die afgelope…
2 Apr 11AM 1 min

Vragverkeer hoop op by Ariamsvlei

Vragmotors by die Ariamsvlei-grenspos by Nakop beweeg teen ‘n slakkepas ná swaar reën Maandagaand ‘n kragonderbreking en gevolglike sluiting van die grenspos veroorsaak het. Die grenspos was laat Dinsdagmiddag weer operasioneel, maar prosessering verloop stadig. Voorkeur word aan vragmotors met farmaseutiese en vars produkte gegee. Kosmos 94.1 Nuus het met…
2 Apr 10AM 1 min