
Carbo Namibia kry internasionale vennoot
--:--
’n Europese maatskappy Big K het aandele in die Namibiese houtskool maatskappy, Carbo Namibia, verkry. Die belegging sal verskeie opgraderings by die aanleg befonds. Die maatskappy sal ook oor die volgende drie jaar 100 mense aanstel met die briketaanleg wat sy eie toegewyde span kry. Kosmos 94.1 Nuus het met Hans Steyn, die besturende direkteur van Carbo Namibia gesels.