Van Potholes tot Poachers en Ice Baths

Loading player...
In die KLETS-episode gesels Matthys en Colene met die sjamaan Ahanu, van Namaskar Wellness Hub in Johannesburg, oor sjamanisme en wat dit beteken om ’n sjamaan te wees.

Is dit net rook, kristalle en spiritualiteit, of is daar dieper wysheid agter hierdie eeue-oue praktyk? Ahanu verduidelik hoe energiegenesing en bewuste bewustheid mense kan help op hul lewenspad en hoekom hierdie praktyk in ’n moderne wêreld nog so relevant is.

Ons plunge (ja, in yswater) reg in die wêreld van koue-terapie of "ice plunging". Hoekom gooi mense hulleself vrywillig in yskoue baddens? Is dit net ‘n trend of is daar werklik voordele vir jou liggaam en gees? Ahanu verduidelik hoe ice plunging spanning verlig, die immuunstelsel bevorder en jou geestelike balans verbeter.

Terwyl ons praat oor innerlike balans, verloor sommige ministers heeltemal hulle balans met hul absurde stellings. Van potholes tot poachers, Suid-Afrikaanse politici was die afgelope ruk in topvorm met kwytskeldings wat jou laat lag en huil op dieselfde tyd.

En dan is daar komkommers en pickles — die span se persoonlike ervarings van die afgelope naweek!

Om dinge af te sluit, spoel Matthys sy mond uit oor HIV/AIDS —’ n onderwerp wat steeds stigma dra, maar waaroor eerlik gepraat moet word.

Wil jy meer weet oor sjamanisme en koue-terapie? Kontak vir Ahanu van Namaskar Wellness Hub by https://namaskartmt.co.za/ of 081 773 4477.

Luister nou en maak gereed vir ’n wilde rit deur ys, spiritualiteit en Suid-Afrika se mees absurde politiek!
18 Feb 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min