Jean-Louis gesels met Isack Hamata, een van Namibië se bekendste sokkeradministrateurs en sportontleders. Met sy agtergrond as sportjoernalis en sy uitgebreide kennis van plaaslike én internasionale sokker, deel Isack sy insigte oor die FIFA Sokkerwêreldbeker, die grootste stories van die toernooi en wat ondersteuners nog kan verwag. Hulle bespreek ook…
Elmero Strauss gesels met Schwané Schumacher oor haar merkwaardige reis. Van haar dae in die dans- en modelbedryf tot haar sukses as digitale inhoudskepper en entrepreneur, deel sy hoe haar lewe deur die jare ontwikkel het. Die gesprek raak ook aan haar nuutste en mees betekenisvolle rol – dié van…
Jean-Louis gesels met Albert Bredenhann, fotograaf, skrywer, KI-kenner en stigter van Pixel Pro Media, oor die vinnige ontwikkeling van kunsmatige intelligensie en die impak daarvan op ons daaglikse lewe. Van kreatiewe inhoud en digitale media tot die manier waarop besighede werk en groei – ontdek hoe KI nuwe geleenthede skep…
Marcel Theron gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Elmero Strauss gesels met Rias Oberholzer nadat hy en François Dames hul Walking for the Silent-tog van Windhoek na Swakopmund suksesvol voltooi het. Ná ses dae en honderde kilometers deel Rias die onvergeetlike oomblikke, die uitdagings onderweg en hoe hierdie besondere inisiatief reeds 'n betekenisvolle verskil maak. Luister na 'n…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.