
Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht - Daniel John, 30 Januarie
Loading player...
Daniel John het ’n draai kom maak by #WeeksdaeVibesMetVenita om te gesels oor sy nuuste enkelsnit ‘On The Run’. Gedurende die gesprek het hy ook verklap dat hy sy kitaar in die kar het, en net soos wat ons Venita ken het sy mos natuurlik gemaak dat die man dit gaan haal en vir ons ’n TUNE speel! Hy gesels oor hoe hy groot geword het in ’n huis vol musikante en hoe hy van plan is om ’n GROOT loopbaan skyf te maak van siviele ingenieur na musikant.