GROOTfm 90.5 Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars. Daar word tong-in-die-kies verwys na allerdaagse lewenservarings wat partykeer net nie sin maak nie, en jy kry die kans om te ontspan, lekker te “chat” en na goeie musiek te luister. Die lewe is ’n gejaag, so kom ons vat dit rustig, tydens weeksdae “Vibes”!
Weekly English South Africa Music · Music Interviews
153 Episodes
1 – 20

#WeeksdaeVibesMetVenita - Carla Lee | 9 April

Askies (Ek val vir jou) is die tweede vrystelling van Carla Lee en sy gesels met Venita oor hoe sy besluit het dat NOU die regte tyd in haar lewe is om haar drome en liefde vir musiek in 'n loopbaan te verander.
9 Apr 22 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Anton Goosen | 8 April

Venita gesels met Anton Goosen oor sy nuuste enkelsnit, 'Hokaai Hokaai'. Hy vertel hoe hierdie liedjie 37 jaar terug geskryf is, maar dat dit nog die regte tyd was vir ander om dit te hoor nie. In hierdie liedjie wil hy mense herinner om stil te staan en in te…
8 Apr 13 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Etienne Steyn | 7 April

Etienne Steyn gesels met Venita oor sy nuutste enkelsnit 'These Moments'. Hy verduidelik hoe hy besef het dat dit die klein oomblikke in die lewe is wat die grootste impak het en wou daardie boodskap oordra in sy musiek.
7 Apr 17 min

#ALT-Fokus Met Venita - Snowing Down South | 19 Maart

Venita se #HOOFfokus die week is die manne van Snowing Down South! Hulle het kom gesels oor hul nuwe enkelsnit 'Take It Or Leave It' en ook 'n nuwe EP- 'No Such Place As Far Away' wat hulle iewers in die jaar gaan vrystel.
19 Mar 39 min
1 – 20