GROOTfm 90.5 Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars. Daar word tong-in-die-kies verwys na allerdaagse lewenservarings wat partykeer net nie sin maak nie, en jy kry die kans om te ontspan, lekker te “chat” en na goeie musiek te luister. Die lewe is ’n gejaag, so kom ons vat dit rustig, tydens weeksdae “Vibes”!
Weekly English South Africa Music · Music Interviews
218 Episodes
1 – 20

#WeeksdaeVibesMetVenita - Hugh Lynn | 20 Oktober

Venita en Hugh Lynn op #WeeksdaeVibes? 'BESTIES FOR THE RESTIES!' Van baie lag en lekker VIBES tot ’n gesprek uit die hart. Venita het met Hugh Lynn gesels oor sy nuwe enkelsnit “Hemel”– ’n besonderse persoonlike liedjie wat gebore is uit verlies, rou en uiteindelik ook liefde. Al kan Hugh…
20 Oct 34 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Luna Paige | 19 Oktober

Venita gesels met Luna Paige oor haar musiek, albums en oomblikke wat vasgevang moet word om in stories te verander. Luna vertel meer oor haar album "Die Reisigers" en Venita sit fokus op haar nuwe liedjie "Die Tas". 
19 Oct 23 min

#ALT-Fokus met Venita - Wrakinjan | 15 Oktober

Daar is 'n nuwe band op die dorp en hulle KOOK!! Rudi Kleingeld en Arno Venter het kom draai by Venita op #ALTfokus om hulle band, 'Wrakinjan' se nuwe enkelsnit "Anderkant" op jou radar te sit! Hulle gesels meer oor die 4 manne in die band, die VIBES wat hulle…
15 Oct 25 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Mervy | 13 Oktober

Mervy het by Venita kom kuier om te gesels oor haar nuutste enkelsnit - ‘Love You’. Sy het al van ‘n baie jong ouderdom af geweet dat sy haarself gaan vestig in die wêreld van musiek en dis uiteindelik NOU haar tyd!!
13 Oct 18 min

#ALTFokus met Venita - Janie Bay & Deon Dee | 8 Oktober

Venita het vanaand die HOOF fokus op Jan Bloukaas gesit. Sy het met Janie Bay en Deon Dee gesels oor Jan Bloukaas: Vir Oulaas – ’n dokumentêr wat Jean se laaste maande, sy laaste album God Kan en die ongelooflike mens agter die musiek vasvang.
8 Oct 33 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Janie Bay & Deon Dee | 6 Oktober

Venita gesels met Janie Bay en Deon Dee oor die Jan Bloukaas: Vir Oulaas-dokumentêr, wat op 7 Oktober vrygestel is. Sy het die aand voor die groot première gaan inloer om uit te vind wat kykers kan verwag en wat hierdie besondere projek so spesiaal maak.
6 Oct 10 min

#ALT-Fokus - Shortstraw | 3 September 

Shortstraw is hierdie week se #HOOF-fokus en Venita gesels met die manne oor hulle nuutste EP, Everything In Between. Sy leer meer oor die beginjare van die band en wat hulle al vir die afgelope 17 jaar suksesvol in die musiekbedryf hou.
3 Sep 28 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Preston Pablo | 2 September

Al die pad van Kanada af! Preston Pablo gesels met Venita oor sy musiekloopbaan en die nuwe musiek wat hy in 2026 vrygestel het. Hy leer Venita sommer ook ’n ding of twee oor hoe om die Kanadese winters te oorleef, terwyl sy intussen haar khaki en vellies-pakkie regmaak vir…
2 Sep 35 min
1 – 20