Museum-verval: Dis moeilik om plakkers te verwyder

Loading player...
Reaksie word ontvang op foto's wat die rondte op sosiale media doen van die Owela-uitstalling- en opvoedingsentrum, 'n museum naby die ou Staatshuis en langs die Nasionale Biblioteek in Windhoek. Dit is in Maart 2020 tydelik gesluit tydens die Covid-19-pandemie. Selfs voor dit het hawelose mense hul intrek geneem op die terrein, wat sedertdien in 'n vullishoop in die middel van die stad verander het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van onderwys, wat sê dis nie maklik om van die mense ontslae te raak nie en opknappingswerk het reeds begin.
22 Jan 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

'Ou kos te blameer' vir voedselvergiftiging-gevalle

Ses mense is Maandag in die hospitaal opgeneem nadat hulle na bewering maniok, bekend as mudika, by Muveve-dorpie in die Kavango-Wes-streek geëet het. Die groep het kort ná die ete maagkrampe en erge braking ervaar. Vier familielede het die nag by die Bunya-gesondheidsentrum vir waarneming deurgebring en is sedertdien ontslaan,…
22 Jan 11AM 1 min

SA inflasie styg met 0,1% in Desember

Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersinflasie het in Desember gestyg tot 3 persent vanaf 2,9-persent in November verlede jaar. Sleutelbydraers tot die styging sluit in behuising en nutsdienste, diverse goedere en dienste, voedsel en nie-alkoholiese drankies. Patrick Kelly van Statistieke Suid-Afrika sê die gemiddelde inflasie vir verlede jaar was 4,4-persent, laer as…
22 Jan 11AM 1 min

Dis 'nie maklik vir klein besighede om diamantsektor te betree'

Die ministerie van myne en energie het 'n beroep op klein en medium ondernemings gedoen om munt te slaan uit geleenthede in die land se diamantsektor, en beklemtoon dat betrokkenheid verder gaan as direkte mynbou-aktiwiteite. Die ministerie het verskeie maniere vir deelname uiteengesit, insluitend diamanthandel, sny en poleer, gereedskapvervaardiging en…
22 Jan 10AM 1 min

Afrika middelpunt van globale terrorisme: VN

Die Verenigde Nasies sê Afrika bly die middelpunt van terrorisme wêreldwyd en meer optrede is nodig om internasionale voornemens in te stel om die plaag te stuit. Meer as 6 000 terrorisme-verwante sterftes is vir drie agtereenvolgende jaar in die streek aangemeld, wat meer as die helfte van die wêreldsyfer…
22 Jan 10AM 1 min

Pakkry 'lei tot geweld onder kinders'

Geweld onder jong kinders is nie vreemd vir Namibië nie en het weer aan die lig gekom toe ‘n 10-jarige gestremde seuntjie ‘n twee-jarige meisie versmoor het toe hy sand in haar mond gestop het. Dit het gekom nadat die kinders saam met twee ander alleen by die huis gelos…
22 Jan 9AM 1 min