Kleiner besighede vou 'weens swak toegang tot fondse'
Loading player...
Die Bank van Namibië sê in sy kwartaallikse verslag dat besigheidsregistrasies die afgelope jaar met 34 persent afgeneem het. Op 'n kwartaalgrondslag het nuwe besigheidsregistrasies met 14,3 persent gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eliphas Simon, voorsitter van die Black Business Leadership Network of Namibia, wat probleme met toegang tot geoormerkte fondse kritiseer.