Waterveiligheid, Branding Drama, en ’n Huldeblyk aan Breyten Breytenbach

Loading player...
In hierdie spesiale voor-Desember episode van KLETS op 27 November 2024, fokus ons op waterveiligheid en hoe om jou gesin veilig te hou hierdie feestyd. Ons gesels met Dhaya Sewduth, die president van Lifesaving South Africa, wat praktiese waterveiligheid wenke en belangrike tips deel. Of jy by die see vakansie hou of binnelandse damme besoek, waterveiligheid is noodsaaklik om die Desember veilig, koel en sorgvry deur te bring.

Dhaya vertel ons ook meer van Lifesaving South Africa se Watersmart-projek, ’n unieke aanlyn leerplatform, wat mense toerus met noodsaaklike kennis en vaardighede oor waterveiligheid. Die platform bied gratis, interaktiewe kursusse wat spesifiek ontwerp is vir ouers, kinders, en opvoeders. Dit sluit in wenke oor hoe om waternoodgevalle te voorkom, basiese lewensreddingstegnieke, en hoe om ’n potensiële krisis reg te hanteer. Deur hierdie hulpbronne te gebruik, kan jy en jou gesin voorbereid wees op enige situasie. Besoek die webwerf vir meer inligting: https://lifesaving.co.za/watersmart/.

Ons “swem” ook oor na die wêreld van branding en vra: Is Jaguar se nuwe logo en veldtog die handelsmerk in gevaar? Hierdie veldtog het reeds gemengde reaksies ontvang en word deur sommige as nog ’n geval van “wokeness to broke-ness” beskou. Gaan Jaguar swem of sink?

Daarna kyk ons na Suid-Afrika se unieke status as een van die veiligste plekke op aarde, sou World War III ooit uitbreek. Ironies?

Ons sluit af met ’n huldeblyk aan Breyten Breytenbach, een van Suid-Afrika se grootste digterstemme. Sy gedig, “Ek Sal Sterf En Na My Vader Gaan”, herinner ons aan die krag van poësie en die nalatenskap van groot kunstenaars soos Breytenbach.

Maar dis nou dit tot en met 18 Desember 2024, dan KLETS ons weer. Kyk mooi na jouself, soet wees, en as jy nie soet is nie neem fotos!

Luister ook na ’n hartroerende storie oor waterveiligheid in ’n Ma en ’n Mikrofoon, episode 24: Die Dag Toe My Kind Verdrink Het.
27 Nov 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min