Min onderwysposte, oorplasings bekommer Tucna

--:--
Gegradueerde onderwysers is bekommerd omdat hulle nie onderwysposte kry nie, met baie wat glo dat om 'n werk te kry nou "konneksies" of onetiese praktyke soos omkopery vereis. Verlede jaar het die onderwysministerie 740 poste gevul, met nog 750 wat na verwagting vanjaar geadverteer en gevul sal word. Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van Tucna, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die gebrek aan werksgeleenthede en beklemtoon die kommer oor die oorplasing van onderwysers tussen streke.
21 Nov 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

GBV: 16 dae begin môre

Geslagsgeweld bly ‘n reuse-probleem in Namibië met 22 gevalle wat daagliks in die land in 2023 aangemeld is – en dit is die aangemelde sake, normaalweg ‘n derde van die totaal. Die bekende 16 dae van aktivisme begin môre en Sister Namibia is toegewyd aan bewusmaking en te help om…
24 Nov 4AM 1 min

Wouter sê koebaai aan Napso, of so iets

Wouter Niehaus, die uitvoerende bestuurder van die Namibiese Privaatskole Organisasie Napso, het sy bedanking aangekondig tydens die Nictus-Napso Kultuurfees vroeër vanjaar. Niehaus sal aan die einde van die jaar uit sy pos tree ná ses jaar se diens. Kosmos 94.1 Nuus het ingeloer by Niehaus wat sê die raad sit…
24 Nov 4AM 1 min

Ons stem oor drie dae, wat sê PDM?

Met net enkele dae oor voor die verkiesings, maak Namibiërs gereed om te stem en politieke partye sluit hulle laaste politieke veldtogte af. Kosmos 94.1 Nuus het met die Popular Democratic Movement gepraat, spesifiek met die presidensiële woordvoerder Roberto Dirkse. Dirkse het in die onderhoud van die dinge uiteengesit wat…
24 Nov 2AM 1 min

Namibië verwelkom Strafhof-lasbriewe

Namibië verwelkom die Internasionale Strafhof se besluit om lasbriewe vir die Israeliese premier Benjamin Netanyahu en die voormalige minister van verdediging, Yoav Gallant, uit te reik. Die internasionale betrekkinge-ministerie sê in 'n persverklaring hoewel dit laat is, bevestig die stap dat Palestyne, soos alle mense, geregtigheid verdien. Namibië beklemtoon die…
24 Nov 2AM 1 min