Wêreldwys | Die wêreld se oë is op Washington DC | Ep. 27

Loading player...
Met Trump in die Withuis en die Republikeine wat in 2025 beide huise van die Amerikaanse kongres sal beheer, lê ’n onseker tyd ryk aan geleenthede en risiko’s voor. Hoe moet die privaat sektor, politieke partye en die burgerlike samelewing hierop reageer? Dit is van die vrae wat in hierdie week se episode van Wêreldwys onder die loep geneem word.
Chapters
  • 00:00 Die Amerikaanse kongresgebou
  • 02:15 Die regsprekende, uitvoerende en wetgewende gesag
  • 10:26 Die federale hooggeregshof
  • 18:10 Die Withuis
  • 23:25 Die Washington-monument
  • 24:14 Hoe die kongres saamgestel word
  • 26:48 Amerika in 2025
21 Nov 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Twee konings in die Withuis | Ep. 89

In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek ons die koninklike besoek aan Washington DC, sowel as die jongste nuus oor die stryd tussen die VSA en Iran, veranderende globale oliemarkte met die Verenigde Arabiese Emirate wat uit OPEC onttrek en belangrike begrotingsverskuiwings in Europa met meer lande wat besef…
30 Apr 36 min

Wêreldwys | Die seestraat-skaakspel | Ep. 88

Hierdie week se aflewering van Wêreldwys fokus op die voortslepende spanning tussen die VSA en Iran, die binnelandse politieke druk op Donald Trump hieroor en Rusland se verswakkende geopolitieke posisie in die agtergrond.
24 Apr 38 min

Wêreldwys | Orban na 16 jaar uitgestem | Ep. 87

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys fokus Jaco Kleynhans op die afgelope verkiesing in Hongarye, opkomende verkiesings in Engeland, Wallis en Skotland, asook die huidige vooruitsigte van die Amerikaanse middeltermynverkiesing in die skadu van die Iran-oorlog.
16 Apr 29 min