Gras Sny en Groot Monde

Loading player...
Die EFF in Tshwane beweer nou dat dit “rasisties is om gras te sny” - is dit ’n desperate poging om relevant te bly, of soek hulle net aandag? Dankie, Herman Mashaba – jou “legacy” in die hoofstad sal ons nie sommer vergeet nie!

Gayton McKenzie het ook iets om te sê: hy noem die MK-party se 2024-prestasie ’n “skok van formaat” en waarsku dat slegs die RNE Suid-Afrika kan red van ’n MK-tsunami in 2026. Maar kan Cyril die “G(a)NU” veilig deur die stormagtige waters stuur, of lê "DA" nog golwe voor?

Dan kyk ons na Suid-Afrika se aksie by die Internasionale Hof, waar ons met ’n lêer van amper 5000 bladsye klagtes oor Israel opgedaag het. Is hierdie diplomatieke fokus werklik ons tyd en geld werd? Of verloor ons dalk die plot en k@k op ons eie voorstoep en 3.9 biljoen rand se uitvoere na Israel per jaar? Dis ’n vraag van lojaliteit versus onnoselheid.

En natuurlik kan ons nie die VSA se FOMO-drama ignoreer nie. Kamala Harris wil nou ook op die Joe Rogan podcast verskyn, kort nadat Trump daar was. Met minder as ’n week voor die Amerikaanse presidentsverkiesing is dinge nek-aan-nek. Het Trump nog ’n paar politieke “lewens” oor, of gaan Kamala die Withuis oorneem?
30 Oct 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min