Waardeer Jou Onnie!

--:--
In hierdie spesiale Onderwyser Waarderingmaand-episode van KLETS, gesels Colene en Matthys met Matthys se voormalige Afrikaanse Juffrou, Carina Wassermann, wat tans hoof is van Hoërskool Wolmaransstad.

Ons KLETS oor hoe die klaskamer deesdae lyk en kyk na die onlangste statistieke oor onderwysers se geestesgesondheid. Juffrou Wassermann deel hoe die klaskamer verander het, en hoe die geestesgesondheid van onderwysers drasties agteruitgegaan het en ’n eerlike bespreking oor die impak wat die BELA Wet op Afrikaanse skole kan hê.

En as jy dink dit gaan net ernstig wees...Juffrou Wassermann deel ’n paar stories oor hoe Matthys as tiener op skool was.

Maar dis nie al nie. Ons KLETS oor die skerp styging in water- en elektrisiteitskoste oor die afgelope 28 jaar en hoe dit bydra tot die feit dat 21% van mense se bankbalanse onder R1000 is voor salarisse inbetaal word.

Koning Charles is uitgeskel deur Lidia Thorpe, ’n Australiese politikus oor sy rol in die koloniale geskiedenis van Australië. Thorpe, bekend vir haar reguit uitsprake oor die ongeregtighede teenoor inheemse mense, het Charles “die koning van moord” genoem tydens ’n openbare verskyning.

En dan, ’n bietjie nader aan die huis, praat ons oor die City of Johannesburg wat inwoners vra om vir ’n beloning van R300 000 idees te gee oor hoe om die stad te verbeter — terwyl die stadsraad jare lank onbevoeg blyk te wees. Die vraag bly: Kan dié skouspelagtige verval omgekeer word deur idees van die publiek, of moet ons dalk eerder kyk na wie die stad bestuur?
23 Oct Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Rasisme en Realisme

In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger. Saam KLETS hulle oor die verslag se bevindinge en tackle die groot wit…
20 Nov 1 hr 06 min

Te Goed vir Werk, of Net Lui?

In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n werksetiek-krisis in Suid-Afrika,…
13 Nov 56 min

Porsiegroottes en Pretoria in Protes

In hierdie week se KLETS-episode gesels ons met die dieëtkundige, Ané Fourie oor gesonde eetgewoontes en of wyn jou regtig vet maak. Ané gee praktiese raad oor hoe om porsiegroottes te balanseer en gesonde gewoontes te handhaaf, selfs oor die feestyd! Ané gee ook haar insigte oor gewilde dieetgiere soos…
6 Nov 1 hr 45 min

Gras Sny en Groot Monde

Die EFF in Tshwane beweer nou dat dit “rasisties is om gras te sny” - is dit ’n desperate poging om relevant te bly, of soek hulle net aandag? Dankie, Herman Mashaba – jou “legacy” in die hoofstad sal ons nie sommer vergeet nie! Gayton McKenzie het ook iets om…
30 Oct 51 min

Tito, Tieties en Toe-krane

In hierdie KLETS gesels ons met Dr. Kathryn Malherbe van MediSol AI Solutions vir Borskankerbewustheidsmaand. Sy deel insigte oor algemene wanopvattings rondom borskanker, en hoe MediSol se AI-tegnologie ’n revolusie in die vroeë opsporing en diagnostiek van borskanker veroorsaak. Dr. Kathryn verduidelik hoe hul AI gebruik word om skanderings met…
16 Oct 1 hr 28 min