9/11 en die Tweepot-Pensioenfondsstelsel

Loading player...
In hierdie episode KLETS Colene en Matthys saam met Marius Strauss, ’n gesoute makelaar en geregistreerde finansiële dienste verskaffer. Ons begin die gesprek met ’n terugblik op 11 September — waar was jy op die dag toe die wêreld tot stilstand gekom het ná die aanval op die World Trade Center? Dié dag het ’n impak op ons almal gelaat, en ons deel ons herinneringe daaraan.

Ons skuif dan na ’n meer praktiese onderwerp: die tweepot-pensioenfondsstelsel in Suid-Afrika. Marius bespreek hoe hierdie nuwe stelsel dalk korttermynverligting vir Suid-Afrikaners se knap beursies kan bied. Maar watter langtermyn-implikasies kan dit vir jou aftreegeld kan hê? Hy gee ook waardevolle raad oor hoe om jou finansies effektief te bestuur, skuldlas te verminder en slim besluite te neem vir ’n veiliger finansiële toekoms.

Ons praat ook oor die interessante wetsontwikkelings in Australië — ’n voorstel om kinders onder die ouderdom van 16 te verbied van sosiale media, sowel as ’n nuwe wet wat werknemers toelaat om ná ure werkoproepe en e-posse te ignoreer. Het ons regtig wette nodig om ons te beskerm teen ons eie swak besluite? Laastens bespreek ons Herman Mashaba se uitlatings en of dit die begin van die einde vir ActionSA kan beteken. Is dit suur druiwe omdat hy nie saam met die groot kinders in die sandput kan speel nie?

Kontak Marius Strauss vir finansiële advies:
• E-pos: mls@mweb.co.za
• Selfoon: (+27) 82 440 1880

’n KLETS vol herinneringe, insiggewende finansiële advies, en interessante debatte oor hoe ons wêreld aan die verander is.
Chapters
  • 00:17 KLETS
  • 24:22 Tweepot-Pensioenfondsstelsel - Marius Strauss
  • 54:24 KLETS
11 Sep 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min