Rudi Nagel - Pyle in my Kokerboom

--:--
As ek 'n skaapboer sou vra wat is die mees waardevolle plant, sal die kokerboom nie op daardie lys wees nie.... Maar die boesmans van ouds sou, bewend van opwinding, 'n ander opinie hieroor gee. Geestelike herders soek ook die beste vir die voortbestaan van hul kudde, en verstaan dat die jongspan spesifieke behoeftes het. Geen kind, en ook geen gebed, is ooit waardeloos nie!
2 Jul Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Rudi Nagel - Diepgewortelde Vreugde

Vuur, vleis en Vriendskap belowe 'n bakgat braai. Maar eers help my raai: Watter van ons land se diverse stambome het 'n enkele reguit penwortel? Die meeste van ons is stewig geanker in die vermening van veelvoudige kultuurooorspronge. Koning Jesus kroon elke kultuur met waardigheid, wanneer ons Hom as stamhoof…
24 Sep 10 min

Rudi Nagel - In die Lente maak Konings Oorlog, en Bome Bloei

Jesus is Vredevors, maar ook die Bevelvoerder van die lêer van die Here. Terwyl ons altyd vredemakers bly , moet ons nie toelat dat boelies, skurke en terroriste die vryheid kry om te intimideer nie. Saam met koning Dawid, klim ons van die dak van ledigheid af. Kom neem aktief…
17 Sep 10 min

Rudi Nagel - Plant 'n Boom, en hou op om te Droom!

Kom ons vat ons goeie bedoelinge, rol ons moue op en begin! Ons kry ons hande vuil om 'n werklike verskil te maak in die mense rondom ons. Bome, steggies en kindergesiggies kan almal baat darby as ons oor gaan tot aksie.
10 Sep 15 min

Rudi Nagel - Plant 'n Boom en begin te Droom

Vir Boomplantdag, word in hierdie lewendige ateljee gesprek babers, akkers en 400 gestorwe steggies genoem. Maar die eintlike diepte van Boomplantdag lê in die hoop op 'n beter, groener toekoms. Hierdie hoopvolle toekoms spruit nie voort uit bome nie, maar kan wel daardeur geïllustreer word.
3 Sep 11 min

Rudi Nagel - Sekelbos Sny jou Los

Die sekel in dood se hand, is ons almal se grootste indringer. Tog is dood se angel oorwin. Wanneer trane, miskrame en ander tragedies voel of hul gaan indring, is daar 'n geborge Gasheer wat jou Veilg kan laat tuiskom.
27 Aug 9 min