Cape Pulpit 729AM Get up & Go Breakfast - Family Prayer - Rudi Nagel

Get up & Go Breakfast - Family Prayer - Rudi Nagel

Rudi is 'n man wat daarvan hou om dit wat hy uit die Woord en uit die lewe leer, met ons te deel. Rudi doen dit elke Dinsdag oggend met 'n nuwe tema wat ons gebedslewe sal versterk.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
210 Episodes
1 – 20

Rudi Nagel - Diepgewortelde Vreugde

Vuur, vleis en Vriendskap belowe 'n bakgat braai. Maar eers help my raai: Watter van ons land se diverse stambome het 'n enkele reguit penwortel? Die meeste van ons is stewig geanker in die vermening van veelvoudige kultuurooorspronge. Koning Jesus kroon elke kultuur met waardigheid, wanneer ons Hom as stamhoof…
24 Sep 10 min

Rudi Nagel - In die Lente maak Konings Oorlog, en Bome Bloei

Jesus is Vredevors, maar ook die Bevelvoerder van die lêer van die Here. Terwyl ons altyd vredemakers bly , moet ons nie toelat dat boelies, skurke en terroriste die vryheid kry om te intimideer nie. Saam met koning Dawid, klim ons van die dak van ledigheid af. Kom neem aktief…
17 Sep 10 min

Rudi Nagel - Plant 'n Boom, en hou op om te Droom!

Kom ons vat ons goeie bedoelinge, rol ons moue op en begin! Ons kry ons hande vuil om 'n werklike verskil te maak in die mense rondom ons. Bome, steggies en kindergesiggies kan almal baat darby as ons oor gaan tot aksie.
10 Sep 15 min

Rudi Nagel - Plant 'n Boom en begin te Droom

Vir Boomplantdag, word in hierdie lewendige ateljee gesprek babers, akkers en 400 gestorwe steggies genoem. Maar die eintlike diepte van Boomplantdag lê in die hoop op 'n beter, groener toekoms. Hierdie hoopvolle toekoms spruit nie voort uit bome nie, maar kan wel daardeur geïllustreer word.
3 Sep 11 min

Rudi Nagel - Sekelbos Sny jou Los

Die sekel in dood se hand, is ons almal se grootste indringer. Tog is dood se angel oorwin. Wanneer trane, miskrame en ander tragedies voel of hul gaan indring, is daar 'n geborge Gasheer wat jou Veilg kan laat tuiskom.
27 Aug 9 min

Rudi Nagel - Ysterhout, nes Goud, Roes Nie!

Hierdie held in die bos, is swaar om te bewerk. Volwassenheid, Gedelegeerde gesag en Interafhanklikheid, is nie net moeilik om te spel nie. Dis ook moeilik in spel te bring in ons lewens. Veral wanneer die skroewe van my lewe loskom. Sommige moeilik verwerkbare lesse is duursaam en waardevol... selfs…
20 Aug 10 min

Rudi Nagel - Witstinkhout Lekker Ruik

Vaaljapies en kleursensasies, te kies en te keur. Wat bedoel jy as jy sê, " Ons mense?" Net diesulkes wat dieselfde hoeveelheid kleurpigmente met jou deel, of die aangename geur van gesamentlikheid ?
6 Aug 10 min

Rudi Nagel - Hardekool Tuisskool

'n Meester kan mooi meubels uit Hardekool hout maak. 'n Ander meester kan "Vuur, Vleis en Vriendskap" uit hardekool maak. 'n Vurige liefde vir leer kort ook stook.. Kom vertrou ons grootste leermeester, Rabbi Jesus, om daardie branding te bring.!
30 Jul 9 min

Rudi Nagel - Kosher Spekboom

Wat tref mens as jy Spekskiet? Spekuleer saam, waarom is bromponies, kitskoffie en ses nulle deel van hierdie Slimjantjie se 111de Boom Gesprek? Mag hierdie gesprek, sooos wafferse spekboomblare, ook jou lewe ophelder, verfris en voed!
23 Jul 10 min

Rudi Nagel - Raasblaar Desibel Dissipel

Tablette, vuvuzelas, aanneming en ander verwonderinge vul ons 110de gesprek oor bome. Fluister of Bulder....Uitbundige Uitbarstings en ook innerlike kalmte, gee uitdrukking aan ons Vader se vele fassette.
16 Jul 10 min

Rudi Nagel - Kremetart Smart of Boabab Kebab

"Cream tart and Kebab" klink soos 'n eksotiese item op 'n spyskaart. Tert is dalk jou ding. Vleisliefhebbers soos ek, verkies sosaties. Bidders, ware bidders, wat lewe met hul "wortels na bowe', sal jou wil aantrek na 'n lewe "In Gebed''.
9 Jul 10 min

Rudi Nagel - Pyle in my Kokerboom

As ek 'n skaapboer sou vra wat is die mees waardevolle plant, sal die kokerboom nie op daardie lys wees nie.... Maar die boesmans van ouds sou, bewend van opwinding, 'n ander opinie hieroor gee. Geestelike herders soek ook die beste vir die voortbestaan van hul kudde, en verstaan dat…
2 Jul 10 min

Rudi Nagel - Mnr Vanwykshout,is 'n groen Olifant, met 'n Pers Verklaring

Uitbundige pers bloeisels.... Opgewonde pers verklarings.... en die Onvervangbare vreugde van behoort, vul ons 107de Boom gesprek. Familie spreek meestal van biologiese behoort. Maar onthou (soos 'n Olifant) dat jy 'n stukkie lewensruimte kan skep vir eensame inkomers in jou lewe.
25 Jun 10 min

Rudi Nagel - Goeie, Gawe Geelhout!

Kinders se veiligheid...Lande se Onafhanklikheid...klimaat se bestendigheid... Waar om te begin? Een stil inset in eie bodem, eerder as dosyne digitale diskoerse. Bome se bas kan gegroef wees. Mense se gemoed kan gegrief wees. Wat 'n goeie, gawe tuiskoms as jy 'n gemeente-kudde vind waar jy geseënd voel!
18 Jun 10 min

Rudi Nagel - Belladonna Nobis Pacem

Ons praat van gif, maar meer nog van vergifnis. Geboortes en groei, restourasie en vrede. Ons bespreek selfs hoe gevaarlik ogies maak kan wees, maar ook die wonder van kleine ogies wat vir die eerste keer oop maak. Alhoewel Belladonna nie 'n boom is nie, is dit alles in ons…
11 Jun 10 min

Rudi Nagel - Wie dan nou anders, as Rooi Els?

Te veel water, en daar is vloede. Tsunamis is 'n strotvloed van selfs nog groter gevaar. Het jou omgewing minder as 'n vloed, maar tog meer as genoeg water? Dan kan jy gerus oorweeg om ons land se vinnig groeiendste boom aan te plant. Luister wat die Rooi-els jou kan…
4 Jun 10 min

Rudi Nagel - Frangipani Kan-nie-kla-nie

Wanneer 'n reuk by jou neus inkruip, is daar meestal 'n sterk onthou wat saam inklim. In die geval van die Frangipani-boom se blomme, is daardie geurige herinneringe vir amper almal pragtig pastelkleurig... Wat het aroma's met Genesing, Versoening en dalk selfs met soene te doen? Hierdie gesprek Kan-nie-kla-nie, maar…
28 May 10 min

Rudi Nagel - Koejawel Redekawel

Koejawel-en-vla is jou gunsteling? En tog kan jy "guava and custard" glad nie "face" nie.... Ek gaan nie met jou redekawel oor jou smaak voorkeure nie. Ons land is grootliks in puin, en daarom wil ek stop om my ""bek te rek" teenoor jou. Guava Indaba? Ja, maar nie net…
14 May 9 min

Rudi Nagel - Avokado Bravado

Al ons Nagel-seuns het in hul groot word jare gehou van boomklim uitdagings. Net soos hulle, kan ek myself misgis oor die perke van my vaardigheid. Dan kom trots tot 'n (harde) val. Hoogmoed, en cholestrol, skuil ongesiens in die dieptes van my hartskamers. Avokado kan blykbaar bydra tot beter…
7 May 9 min
1 – 20