Sterre, Stemme en Solar Panele: ’n Kosmiese Komedie

Loading player...
Dis ʼn land van kleure en klank, dis ʼn land van oorvloed en dank … maar is dit nog ’n land waar almal nog strewe?

Die bevolking het hulle kruisies getrek… wel, sommige van hulle. ’n 58% opkoms van geregistreerde kiesers sê dalk meer van ons as swak burgers as wat dit sê van ons swak “luierskap”. Nietemin, die min van ons wat lus genoeg was om op te staan en die rye te gaan aandurf het gesorg vir interessante resultate.

Die ANC eet “humble cupcake”, Julius is stil in die stoute hoekie, die DA glimlag soos ’n onseker bruid en ons almal weet nou MK is nie net die ou musiek kanaal op DSTV nie… As jy deurmekaar en onseker is na die laaste week, ons is ook! Ons kon seker wend na die insigte van nog ‘n politieke ontleder, maar die KLETS span het besluit om eerder die insigte van ’n astroloog in te roep! Want ons haat vervelig.

Ons gesels met vername astroloog Catherine Laurent oor wat sy en die sterre en planete sien rondom koalisies, internasionale kwessies, beleggings en selfs loadshedding. Dit lyk of die sterre uiters hoopvol is. Moet nog nie jou huis op die mark sit en jou tassie pak nie! Maar daai Solar panele waaraan jy nog sit en dink was ook nie ’n kak idee nie!

Kontak Catherine Laurent per WhatsApp by 079 696 6740 as jy jou sterre wil lees… jy sal jou sterre dank as jy dit doen.
5 Jun 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min