Poniesensasie en Politieke Drama

Loading player...
Mense en hulle dinge… en fok, hulle het baie dinge!

Shell, daai geel en rooi garage, het 122 jaar oorleef—wêreldoorloë, apartheid, en talle sanksies, maar swyg voor BEE en die ANC se kontantvloei konkoksies. Iemand moet die DA red van hulle bemarkingsagentskap… 'all is fair in electioneering' maar hemel, mens brand nie jou landsvlag nie.

Ons sluit politiek af met niemand meer van pas as umkhulu Zuma, op mediese parool, dans hy soos 'n 2-jarige en woed steeds sy soeke na aandag in die howe. En aandag kry hy!

Buiten die belaglike politiek gee ons waardevolle lewensadvies, seriously! Ons skinder ook 'n bietjie oor die botox-huisvrou, en kritiseer die Amerikaanse jeug.

Matthys wroeg deur tech-issues om vir julle die beste te bring… op YouTube! En Colene verjaar!!! YAY!
8 May 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Stampe, Stote en Staatsake

Hierdie week se KLETS begin met 'n nuwe hoofstuk, want ons is nou ook op die "TV". Maar nie sonder stampe en stote nie, en dalk 'n bietjie rof om die kante, maar ons is hier. Volgende week is ons minder dronk. Miskien... Maar, hier "gaat" ons! Ons kyk na…
6 May 1 hr 10 min

Van Misdaad tot Megawatt

Hierdie week se KLETS begin by die mense wat veronderstel is om die land veilig te hou… maar dit voel al hoe meer soos ’n oudisie. Die topbestuur van die polisie in Suid-Afrika is almal “acting”, en die vraag is nie net wie kry die pos nie… maar wie gaan…
29 Apr 1 hr 17 min

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker…
22 Apr 1 hr 01 min

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min