Nou weet ons!

Loading player...
Die span is terug en KLETS oor die week se gebeure. Almal weet nou wat ons weet na Dricus "Stillknocks" du Plessis se oorwinning as die eerste Suid-Afrikaner wat die UFC-kampioenskap gewen het. Die punte is uit en volgens die regering het die matrieks van 2023 die beste gedoen in die geskiedenis. Dit is nou wel bekend dat 'n slaagsyfer van 30% goed genoeg is.

Bestuurskonsultant en skrywer Gielie Hoffmann gesels oor politiek, die verkiesing, leierskap, kinders en ouer wees.

En soos Gielie sê "Kyk mooi na jouself en jou kinders". Tot volgende week.
24 Jan 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Die jaar is klaar, die kos is afgelewer

Dis die laaste KLETS van 2025. Suid-Afrika is halfpad afgeskakel, die verkeer bestaan net in ou herinneringe, WhatsApp-groepe het verdwyn, en almal belowe weer dat 2026 “anders” gaan wees. Jy weet, soos elke jaar. Dis dus die ideale oomblik om terug te kyk, bietjie asem te haal, en eerlik te…
17 Dec 1 hour

ANC op ʼn afdraand, Mashazi op ʼn catwalk en SA op ʼn misdaadlys

In hierdie week se KLETS "beklets" ons politiek, mode-skandes en ’n paar statistieke wat jou na jou paspport sal gryp. Die ANC verloor blanke stemme vinniger as wat kan "Afriforum" sẽ, en daar is glo drie name in die hoed vir die volgende ANC-president. Die vraag is eenvoudig: Gaan ’n…
10 Dec 1 hr 01 min

Trump blink, DSTV sink en Afrikaanse boeke skitter

In hierdie week se KLETS "beklets" ons alles van wêreldpolitiek, plaaslike “affairs”, kultuur, wyn, inkopies, en natuurlik ’n paar Suid-Afrikaanse oorwinnings. Trump het op 1 Desember 2025 die G20 oorgeneem in tipiese Trump-styl, met 'n gebalde vuis en selfversekerd, met sy belofte dat “The Best is Yet to Come”. Ons…
3 Dec 59 min

Die G20, Wynroem en DA Uber Eats Gate

In hierdie week se “KLETS” word wêreldpolitiek, plaaslike drama en ’n tikkie Uber Eats op die tafel gesit, "dis koue kos, skat!" Ons begin by Gauteng se G20-lockdown, die konferensie wat Suid-Afrika trots as ’n reuse sukses verklaar het. Want niks sê “internasionale sukses” so goed soos om jou grootste…
26 Nov 53 min

Wie is Ons Nou? ’n Gesprek oor Identiteit en Verantwoordelikheid

In hierdie kragtige en eerlike KLETS-episode grawe ons diep in die veelvlakkige vraagstuk van Afrikaanse identiteit en wat dit vandag beteken om ’n Afrikaner in Suid-Afrika te wees. Ons begin by die omstrede “Nie in ons naam” brief, wat ’n hele veldbrand aan gesprekke in en buite die Afrikaanse gemeenskap…
18 Nov 57 min