Watter erfenis gaan jy vir jou kinders nalaat? - Ferdinand Ewerts

Loading player...
Coach Freek gesels die week met Ferdinand Ewerts van Oudtshoorn. Ferdi se droom as kind was om 'n soldaat te word. Jy huislike omstandighede het hom genoodsaak om die skool te verlaat op 'n baie jong ouderdom. Ferdie en van sy vriende het 'n bende begin vir goeie redes, maar die bende het toe heeltemal verval in verkeerde dinge. Ferdi was tronk in en tronk uit vanaf 'n jong ouderdom. Hy het betrokke geraak by die tronk bendes tydens sy tweede tronkstraf. Ferdi was 'n smokkelaar van formaat. Die Here het egter 'n afspraak met Ferdinand gehad tydens 'n begrafnis diens wat hy bygewoon het. Luister na Ferdi se storie hoe God 'n verleier na 'n leier verander het.
3 Feb 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Die Vyand het Hom Probeer Stop… Maar God! | William Austin Getuienis

In hierdie kragtige episode van Baasraak saam Coach Freek, sit ek saam met William Austen — ’n man met ’n ongelooflike, rou en aangrypende getuienis. William se verhaal neem ons op ’n diep reis deur roeping, val, stryd en uiteindelike herstel in Jesus Christus. As ’n toegewyde sielwenner het hy…
21 Mar 1 hr 42 min

Baasraak binne die Hawequa Korrektiewe Sentrum

Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span by die Hawequa Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in harte en lewens. Mag hierdie…
8 Feb 1 hr 58 min

Baasraak binne die Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum

Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span op 24 Oktober 2021 by Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in…
1 Feb 1 hr 56 min

God se wenresep tot 'n lewe van oorwinning - Coach Freek

In hierdie kragtige kort preek deel Coach Freek ’n lewensveranderende boodskap gebaseer op die verhaal van die verlore seun. Wat het hy moes doen om uit die varkhok te kom? Daar is 'n geestelike wenresep — God se eie strategie — wat, as jy dit toepas, jou sal help om…
23 Jul 2025 15 min