God het my gebruik om 'n man in die tronk te sit en ook om hom daar uit te haal

Loading player...
Weens my siekte toestand verlede jaar het ek glad nie my eie Radio programme aangebied en vervaardig nie. Wel, loof die Koning ek is gesond en genees! Ek het die nuwe jaar met 'n baie dankbare hart afgeskop en het weer begin om my eie program aan te bied en te vervaardig. Jy kan vanmiddag om 16h00 luister na my eerste "Baasraak saam Coach Freek" program vir die jaar op Baasraak Radio.

Ek gesels met Rudi Erasmus. Rudi was al op 30 jarige ouderdom 'n baie suksesvolle besigheidsman gewees. Hy het alles besit wat sy hart begeer het. Mooi huise, karre, 'n boot en jetski's ens. Rudi was egter uitgebrand en het leeg gevoel. Al sy aardse besittings kon hom nie vervul nie. Rudi het een oggend net na vyf uur by die gym aangekom waar hy geoefen het. Hy't gesien hoe 'n man vir die polisie probeer weghardloop. Rudi het toe agter die man aangehardloop en hom gearresteer. Die man se naam was Adrian Meyer. Die polisie het vir baie jare na Adrian gesoek weens verskeie misdrywe. Adrian was toe later vir 40 jaar tronk gestuur nadat Rudi hom gevang het.

Rudi is egter 'n ruk later ook gevonnis vir moord. Rudi en Adrian het mekaar toe weer ontmoet in 'n tronksel in die Brandvlei Maksimum gevangenis. Luister gerus na die program om te hoor wat verder gebeur het.

Luister na die program om 16h00 op die vlg link: www.baasraak.tv/webradio
22 Jan 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Die Vyand het Hom Probeer Stop… Maar God! | William Austin Getuienis

In hierdie kragtige episode van Baasraak saam Coach Freek, sit ek saam met William Austen — ’n man met ’n ongelooflike, rou en aangrypende getuienis. William se verhaal neem ons op ’n diep reis deur roeping, val, stryd en uiteindelike herstel in Jesus Christus. As ’n toegewyde sielwenner het hy…
21 Mar 1 hr 42 min

Baasraak binne die Hawequa Korrektiewe Sentrum

Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span by die Hawequa Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in harte en lewens. Mag hierdie…
8 Feb 1 hr 58 min

Baasraak binne die Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum

Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span op 24 Oktober 2021 by Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in…
1 Feb 1 hr 56 min

God se wenresep tot 'n lewe van oorwinning - Coach Freek

In hierdie kragtige kort preek deel Coach Freek ’n lewensveranderende boodskap gebaseer op die verhaal van die verlore seun. Wat het hy moes doen om uit die varkhok te kom? Daar is 'n geestelike wenresep — God se eie strategie — wat, as jy dit toepas, jou sal help om…
23 Jul 2025 15 min