Wiele2Wiele gesels oor nuwe Ford Ranger

Loading player...
Vir Wiele2Wiele se laaste program van 2022, gesels hulle oor die nuwe generasie Ford Ranger-bakkie. Hulle vertel jou hoe fantasties die Toyota GR Yaris gevaar het by die Killarney 9-uur-uithouren en ook oor die 40ste Killarney Short Circuit 8-uur-motorfietsuithouren. Hulle bring jou ook op hoogte van wie al ons Suider-Afrika motorfietsdeelnemers vir die 2023 Dakar is.
21 Dec 2022 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry nuwe T-Roc

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele klim hulle agter die stuur van Volkswagen se nuwe T-Roc in en word aangenaam verras deur dié gewilde sportnutsvoertuig. Daarna vat hulle jou terug in tyd met ‘n 1974 VW Kewer. Engen Xtreme deel waardevolle wenke, en jy kan op Cape Moto Co…
15 Oct 26 min

Wiele2Wiele: Twee bakkies onder loep

Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels en redeneer hulle oor twee uiteenlopende bakkies – JMC se Vigus en die VW Amarok PanAmericana 3.0L V6. Hulle gesels met Bobby Ramagwede van die AA oor interessante onderwerpe en staan breëbors-trots oor Tristin Pienaar se indrukwekkende renresultate in Donington Park, Engeland.
9 Oct 25 min

Wiele2Wiele ry drie nuwe Chinese motors

Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie baie uiteenlopende padtoetse — die Chery Tiggo 4 Cross LiT, die Changan Hunter REEV K50 en die GWM Ora 5 HEV. Die span deel hul eerlike indrukke van dié drie nuwe Chinese spelers en kyk wat die voertuie in ’n al hoe meer…
2 Oct 27 min

Wiele2Wiele: Mazda se nuwe CX-5 bekendgestel

Hierdie week begin Wiele2Wiele op ‘n hartseer noot, met die vrouemoorde in Ekurhuleni en die tragiese sterftes van renjaers Robert Wolk en Marcel Angel. In reaksie op die vrouemoorde gesels hulle met die AA se uitvoerende hoof, Bobby Ramagwede, oor ’n spesiale 30-dae gratis gewapende reaksiediens vir vroue. Hulle vertel…
25 Sep 25 min

Wiele2Wiele: Monster Jeep onder loep

Hierdie week vir Wiele2Wiele stel JMC sy Grand Avenue-bakkie bekend, terwyl Hyundai se Creta en Staria opgeknikker is. Hulle vertel jou van ’n monster – die Jeep Gladiator Maximus 6x6, wat behoorlik die koppe laat draai! Hulle deel ook die nuus dat Brad Binder vanaf 2027 in die Wêreld Supermotorfiets-kampioenskap…
17 Sep 25 min