Op sy beurt het Armand Cloete, VF Plus-LPW, ’n somber prentjie van die werklikheid op plase in die provinsie geskets, met ernstige bekommernisse oor plaasveiligheid, grensbeheer, grondbesit en ekonomiese wanbalans in internasionale handel.
In sy repliek het dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaatse Wetgewer, ook die belangrikheid van die landbousektor in die Vrystaat beklemtoon, wat ’n noemenswaardige R4 miljard aan salarisse aan inwoners betaal en 75 000 mense direk in diens het.
Die Vrystaat beoog om nie net ’n voedselproduserende reus te bly nie, maar ook ’n ruimte vir transformasie, innovasie en geleenthede te skep. Met ’n visie van verantwoordbaarheid, strukturele hervorming en gemeenskapsbetrokkenheid, het die LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, Elzabé Rockman, ’n beroep gedoen op inklusiewe deelname in die…
Danie Minnaar, die nuutverkose visevoorsitter, het sy motivering uitgespreek vir sy betrokkenheid. “Iemand het my gevra: Hoekom doen jy dit? Hoekom staan jy as visevoorsitter? Die antwoord is eenvoudig: Ek is lief vir die saak. Ek is lief vir landbou.”
Mathews het sy diepe waardering vir die organisasie uitgespreek en die belangrikheid van samewerking en verantwoordelikheid in die landboubedryf beklemtoon. “Hierdie organisasie is ons stem. Dis die voertuig wat ons gebruik om ons saak te bevorder en om ons mede-landsburgers te wys wat ons bydrae is. Dit is ook hoe…
Dit is die eerste keer in Graan SA se geskiedenis dat ’n Kaapse koringboer as voorsitter verkies is. Met sy aanvaarding van die posisie het Ricard Krige sy dankbaarheid uitgespreek vir die groei wat hy binne Graan SA ervaar het. “Hierdie organisasie het my gevorm. Ek het as ’n jong…
Minister van landbou, John Steenhuisen, het die belangrikheid van samewerking tussen die regering, boere en die breë landbousektor beklemtoon tydens ’n toespraak wat hy via ’n video-oproep vir die Graan SA kongres gelewer het.
Ontleders vra vir 'n middeletoets, wat voornemende toetreders tot die landbou, sonder die nodige bronne, kan identifiseer en bystaan. Noord-Kaapse VF+ leier en landbou woordvoerder, dr. Wynand Boshof, meen dis goed bedryfsheffings bemiddel toegang tot kommersiële landbou, maar toetreders ervaar dieselfde uitdagings ongeag van ras. Hy't reageer op die polemiek…
Die Malu-groep, bekend om sy gehalte-varkvleis, het drie varkplase in die Noord-Kaap en Noordwes waar hy met 45 000 varke boer. Dié boerdery verbou nét Pannar se geelmielies op sy eie besproeiingsgrond van 930 ha, wat 60% van die goeiegehalte-rantsoene vir die varke uitmaak. OFM At Lunch se Pulane Nel-Sekepe…
Pulane Nel-Sekepe gesels met WA de Klerk, besturende direkteur van WA de Klerk-boerdery op die plaas Driefontein, oor hoe Pannar se reeks mielie en sojaboonkultivars die bestendigheid en potensiaal bied om meer te bereik.
Dr. Frikkie Maré, hoof uitvoerende beampte het by die organisasie se kongres tydens NAMPO Afla op NAMPO Park buite Bothaville die organisasie se vernuwing en aanpassing beklemtoon en verwys na die uitdagings wat die rooivleisbedryf en sy produsente ervaar.
Donderdag (26/9) het sterk winde aanleiding gegee tot minstens nege groot veldbrande wat duisende hektaar grond in die Memel-, Verkykerskop- en Vrede-gebiede verwoes het. “Plaaslike boere het alles in hul vermoë gedoen om die vure onder beheer te bring, maar hul pogings is bemoeilik deur die gebrekkige brandbestrydingsdienste van die…
Agri Noord-Kaap het ’n verklaring uitgereik waarin hulle met skok verneem van die moord op een van hul lede in die Agri Kuruman-distrik, Hendrik Venter (81). “Dit is kommerwekkend dat sulke tipe misdaad in die Noord-Kaap begin toeneem,” sê mnr. Joe Scholtz, voorsitter van Landelike Veiligheid by Agri Noord-Kaap.
Suid-Afrika se hardwerkende boere het baie op hul daaglikse doenlysies. Gelukkig is Pannar Saad se Panagri-program byderhand om die meeste van hierdie werk namens die boer te doen. Die keuse van die regte mielie-, sojaboon- en sonneblomteelmateriaal vir maksimum opbrengs behoort nie ’n intimiderende taak vir boere te wees nie…
23 Sep 2024 7AM
3 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.