OFM OFM Tuinbou Praatjie

OFM Tuinbou Praatjie

Christo Coetzer van die bekroonde Pretty Gardens tuin- en leefstylsentrum in Bloemfontein gee raad om jou tuin in 'n lushof te omskep.
Weekly Afrikaans South Africa Home & Garden · How To
84 Episodes
1 – 20

Gesonde en plaagvrye tuine!

Vandag gesels Christo Coetzer met ons oor hoe om ’n gesonde, plaagvrye tuin te handhaaf. Van plantluise en ander lastige tuinplae tot die korrekte manier om tuinmiddels en gif toe te pas – Christo gee vir ons praktiese wenke om jou plante gesond en mooi te hou. Die regte produk,…
5 Sep 3 min

Protek se Guanoflo-kunsmis

Vandag gesels Christo Coetzer met ons oor Protek se Guanoflo-kunsmis – ’n 100% organiese vloeibare plantvoeding wat ideaal is om jou tuin hierdie seisoen ’n ekstra hupstoot te gee. Guanoflo kan onder meer as blaarvoeding of as ’n gronddeurdrenking gebruik word.
29 Aug 3 min

Pragtige Petunias vir die Lente seisoen!

Vandag is dit weer tyd vir ons Tuinboupraatjie! 🌱 En as jy jou tuin nou wil opkikker met ’n bietjie kleur, is petunias beslis ’n wenner. Van helder pienk en pers tot pragtige tweekleurige blommetjies – daar is soveel mooi variëteite om van te kies. Vandag gesels Christo Coetzer van…
22 Aug 3 min

Prinses Lavender & Go Elsa – Kleur vir Jou Tuin

In hierdie episode van Tuinboupraatjie gesels Christo Coetzer oor twee pragtige plante wat deur Malanseuns Plesierplante gekweek word – die Prinses Lavender en die Go Elsa-reeks Argyranthemums (Daisy-bosse). 🌸 Christo deel praktiese wenke oor die versorging van hierdie plante, waar om hulle te plant en hoe om hulle op hul…
15 Aug 3 min

Praktiese Wenke vir ’n Pragtige Grasperk

In hierdie episode van Tuinboupraatjie deel Christo Coetzer praktiese wenke en raad om jou grasperk groen, gesond en mooi te hou. Van natmaak en voeding tot sny en algemene versorging – alles wat jy moet weet vir daardie perfekte grasperk! 🌿
8 Aug 3 min

Die kweek en versorging van Vrugtebome.

In hierdie episode van Tuinboupraatjie gesels ons oor vrugtebome en deel praktiese wenke oor plant, versorging en snoei om jou bome gesond en produktief te hou.
1 Aug 3 min

Die Kuns van Rose Snoei

In hierdie episode van Tuinboupraatjie gesels Christo Coetzer oor die korrekte manier om rose te snoei. Leer wanneer om te snoei, waarom dit belangrik is, en kry praktiese wenke om jou rose gesond, sterk en vol pragtige blomme te hou. 'n Luistergenot vir elke roosliefhebber en tuinier!
25 Jul 3 min

Snoei en Voeding vir Gesonde Bome en Grasperke

In hierdie episode gesels ons oor die belangrikheid van die regte snoeimetodes vir vrugtebome en hoe behoorlike bemesting jou vrugtebome én grasperk gesond en sterk kan hou. Kry praktiese wenke om jou tuin die beste kans te gee om te floreer.
18 Jul 2 min

Tuinpraat met Manie Coetzee

Manie Coetzee gesels oor waarom November die maand is vir ’n kleurvolle tuin. Hy deel nuttige raad oor hoe om jou tuin vol lewe en kleur te beplan en te skep — van plantkeuses tot eenvoudige versorgingswenke.
25 Oct 2025 2 min

Vrugtefokus met Christo Coetzer

In hierdie episode gesels Christo Coetzer oor die aanplant van vrugte en deel hy praktiese wenke om gesonde, smaakvolle vrugte te kweek. Leer hoe om jou vrugtebome die beste versorging te gee vir ’n oorvloedige oes.
18 Oct 2025 3 min

Roosraad met Christo Coetzer

Christo Coetzer gesels oor die versorging van rose en deel nuttige wenke om jou rose gesond, kleurvol en volop te laat blom
11 Oct 2025 3 min

Onkruid en Gras: Wenke ná Reën

Christo Coetzer deel praktiese wenke oor hoe om onkruid ná reën te hanteer en hoe om jou gras dop te hou vir insekte. Kry eenvoudige raad om jou grasperk gesond en netjies te hou.
4 Oct 2025 3 min

Bome in Jou Tuin: Plant, Voordele en Versorging

In hierdie episode gesels Christo Coetzer oor die aanplant van bome, die basiese voordele wat bome vir jou tuin en leefruimte bring, en hoe om hulle reg te versorg en te onderhou.
27 Sep 2025 3 min

Groentetuin in Potte: Wenke

Christo Coetzer deel hoe jy jou eie groentetuin in potte kan begin en onderhou. Hy verduidelik watter groentes die beste geskik is vir houers en gee eenvoudige wenke om jou oes gesond en volop te laat groei.
20 Sep 2025 3 min

OFM Tuinbou Praatjie

Christo Coetzer gesels oor pragtige Weskusblomme wat perfek in die Vrystaat en Noord-Kaap kan groei. Skakel in en leer hoe om jou tuin met kleurvolle, lewendige blomme te vul! #OFMTuinbou #Tuinwenke #PrettyGardens #OFMPodcast
6 Sep 2025 3 min
1 – 20