Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
880 – 900

Bestuurstelsels moet verbeter vir dienslewering

Die Namibiese Instituut vir Openbare Bestuur en Administrasie, Nipam, hou tans die tweede jaarlikse konferensie van die African Management Development Institutes’ Network in Windhoek tot 20 Mei. Die driedaagse konferensie word onder die tema “Transformatiewe Staatsdiensleierskap vir Volhoubare Ontwikkeling en Inklusiewe Groei in Afrika” gehou. Tydens Maandag se verrigtinge het…
19 May 3AM 1 min

Trump sê hy 'stel' vir eers aanval op Iran uit

President Donald Trump van Amerika sê hy het sy administrasie opdrag gegee om eers te wag met ʼn beplande aanval op Iran wat vir vandag beplan was. Hy sê lande wat as bemiddelaars optree, het aan hom gesê die oorlog se einde is in sig. Hy het Teheran Sondag gewaarsku…
19 May 3AM 1 min

EU befondsing is uiters voordelig, veral vir Lüderitz

Die voormalige burgemeester van Lüderitz, Phil Balhao, nou Alistair Group se areavennoot vir Namibië, het sy reaksie op die nuwe projekvennootskap van bykans 32 miljoen Namibiese dollar tussen Namibië en die Europese Unie gegee. Balhao het sy opgewondenheid uitgespreek om ’n getuie te wees van dié vennootskap. Kosmos 94.1 Nuus…
19 May 2AM 1 min

Herrie los na 'Ferrari' se saak geskrap is oor aanklaer wat wegbly

Die Nasionale Vervolgingsgesag het 'n aanklaer wat betrokke is by die taxibaas Joe “Ferrari” Sibanyoni-saak geskors nadat hy nie in die hof verskyn het nie. Die hoëprofiel-afpersing- en geldwassery-saak teen Sibanyoni en drie medebeskuldigdes is gevolglik in die Landdroshof in Kwaggafontein, Mpumalanga van die rol geskrap. Mthunzi Mhaga van die…
19 May 2AM 1 min

Skietery by San Diego-moskee is ‘haatmisdaad’

Die polisie in San Diego, Kalifornië, beskou die noodlottige skietery by die Islamitiese Sentrum in die stad as ʼn haatmisdaad. Drie mense, insluitend ʼn veiligheidswag, is in die voorval dood. Twee tiener-verdagtes is naby die toneel in ʼn motor aangetref nadat hulle blykbaar hulself doodgeskiet het. Die sentrum is die…
19 May 1AM 1 min

Namibië vat hande met Kaapstad, Zim vir toerisme

Namibië, Kaapstad en Zimbabwe het 'n strategiese vennootskap gevorm om Suider-Afrika se toerismesektor te versterk. Kaapstad Toerisme sê die ooreenkoms sal streeksamewerking, gesamentlike bemarking en oor-grens reise vir internasionale besoekers verbeter. Die Burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei en Toerisme, James Vos, sê die inisiatief is daarop gemik om langer verblyf en…
19 May 1AM 1 min

Alle oë op Hartebeestloop die naweek

Die gesogte Hartebeestloop Bonsmara-veiling vind komende Saterdag plaas. Dit sal vanaf half-twaalf die oggend by die top-Bonsmara-teler dr. Joggie Briedenhann se Hartebeestloop-plaas in die Stampriet-distrik en aanlyn via SwiftVee aangebied word. Briedenhann het met Kosmos 941.1 Nuus gepraat.
19 May 1AM 1 min

Beleggings vir regeringskuld is goed, maar ook sleg

Die finansministerie, deur die Bank van Namibië, gaan Woensdag mark toe om gewone en institusionele beleggers te vra om hul beleggings in die GC27-staatseffek in ‘n uitruilveiling na nuwe, langer-termyn staatseffekte te skuif. Die regering skuld 6,6 miljard Namibiese dollar deur die GC27, wat volgende jaar betaalbaar is wanneer dié…
19 May 12AM 1 min

Huurwet broodnodig, na 8 jaar, met toenemende huurbedrog

Huurbedrog, veral in Windhoek en Swakopmund, is aan die toeneem omdat bedrieërs die hoë vraag na bekostigbare behuising uitbuit. Hulle doen hulle dikwels voor as wettige verhuurders of eiendomsagente om slagoffers deur middel van verskeie sleuteltaktieke te bedrieg. Kenners meen dat wetgewing kort en die huurbeheer-wetgewing wat in die vorige…
19 May 12AM 1 min

VF+ sê gesondheidsversekering moet heroorweeg word na hofuitspraak

Die Vryheidsfront Plus verwelkom 'n uitspraak van die Konstitusionele Hof wat die Sertifikaat van Behoefte in die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering ongrondwetlik verklaar. Die party sê die uitspraak bevestig langdurige waarskuwings dat die NGV nie 'n grondwetlike ondersoek sal oorleef nie. Philip van Staden van die VF Plus vra die…
18 May 11PM 1 min

Sky News doen verslag van skoolterrein in Iran waar 150 dood is

Terwyl bespiegelinge oor die voortsetting van vrede-samepsrekings tussen Amerika en Iran voortduur, was Sky News se Dominic Waghorn die eerste internasionale journalis om Minab in suid-Iran te besoek. Dit is die dorp waar meer as 150 mense, insluitend 120 kinders, dood is toe 'n Amerikaanse Tomahawk-missiel 'n laerskool getref het…
18 May 11PM 1 min

Plaaslike waardetoevoeging onder die loep

Die parlementêre staande komitee vir natuurlike hulpbronne hou 'n kapasiteitsbouwerkswinkel in Swakopmund. Die komitee sal mynwese, visserye, landbou sowel as waardetoevoeging onder die loep neem. Tydens die sessie het die voorsitter van die komitee en Swapo LP, dr. Tobie Aupindi gepraat oor die ontginningsektor, waar Namibië 'n netto uitvoerder is.
18 May 11AM 1 min

Glynnis Breytenbach nuwe DA hoofsweep

Die DA het Glynnis Breytenbach as sy nuwe hoofsweep in die Nasionale Vergadering aangestel. Die party sê sy beskik oor 12-jaar se parlementêre ervaring en dekades se ervaring as senior staatsaanklaer. Breytenbach sal saam met die adjunkhoofsweep, Baxolile Nodada, werk. Die DA se parlementêre leier, George Michalakis, sê Breytenbach sal…
18 May 11AM 1 min

Cran nooi almal na sessie oor lisensiegelde, heffings

Cran het ’n amptelike uitnodiging aan belanghebbendes uitgereik vir ’n raadplegende openbare verhoor. Die sessie fokus op die voorneme om die regulasies rakende lisensiegelde en regulatoriese heffings te wysig. Die geleentheid sal plaasvind op Vrydagmiddag, 22 Mei, by Droombos buite Windhoek. Cran se woordvoerder, Mufaro Nesongano, het met Kosmos 94.1…
18 May 10AM 1 min

Bulle sal moet verbeter voor VRK-kwarteindstryd: afrigter

Rugby: Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, sê hulle sal moet verbeter voor volgende Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kwarteindstryd teen die Ierse span, Munster, op Loftus Versfeld. Die Bulle het die Italiaanse span Benetton 45-19 afgeransel vir ʼn tuis-kwarteindstryd. Dit was hul sesde agtereenvolgende sege, wat die vierde plek op die…
18 May 9AM 1 min

Werkers by grensposte veilig, selfs na digitalisering: NamRA

NamRA het vandag die opeenhoping van vragmotors by die Katima Mulilo-grenspos aangespreek. Die probleem het ontstaan nadat die nuwe geoutomatiseerde stelsel vir doeanedata, of ASYCUDA, in gebruik geneem is. Dit hanteer vragmanifeste en doeaneverklarings, tesame met rekeningkundige, transito- en opskortingsprosedures. Volgens NamRA-kommissaris Sam Shivute was konnektiwiteit 'n kwessie, maar ook…
18 May 9AM 1 min

Kaapstad-inwoners moet water spaar ná storms

Die Stad Kaapstad se direktoraat vir Water en Sanitasie vra inwoners en sakeondernemings om water net vir noodsaaklike doeleindes te gebruik. Dit volg nadat gure weerstoestande groot watersuiweringsoperasies beïnvloed het en druk plaas op grootmaat-watervoorsiening. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die betrokke suiweringsaanlegte is wel in…
18 May 9AM 1 min
880 – 900