Die president van CAF, Patrice Motsepe, het die appèlraad se uitspraak oor die 2026 Afrikabeker-eindstryd tussen Marokko en Senegal ondersteun. Die Appèlraad, 'n onafhanklike CAF-regsliggaam, het Senegal se titel van hulle gestroop omdat die span van die veld geloop het uit protes toe die gasheerland Marokko in bykomende tyd 'n…
Die OVK, of Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Beperk in Suid-Afrika, het ’n verhoging in dieselpryse aangekondig wat om middernag op 17 Maart in werking getree het. Die maatskappy sê stygende vraag en volgehoue voorsieningsdruk het dit onmoontlik gemaak om huidige pryse te handhaaf. OVK waarsku ook dat sekere takke moontlik sonder…
NamPower se tariefverhogingsversoek van 8,4 persent word deur die Elektrisiteitsbeheerraad hersien, en verskillende standpunte word geopper. Shaun Gariseb van die Katutura Rate Payers Association het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat die verskuiwing van die koste na die eindgebruikers nie NamPower se finansiële probleme sal oplos nie. Hy…
Navo se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê hulle beraadslaag oor maniere om die Straat van Hormuz veilig te heropen. Die seestraat waardeur 20-persent van die wêreld se olie vervoer word, is so te sê gesluit sedert Amerika en Israel se oorlog teen Iran begin het. Dit laat vrese ontstaan oor energievoorrade…
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê verwarring oor Eskom se sperdatum van 31 Maart vir die registrasie van sonkragstelsels verhoed huishoudings om te voldoen. Die organisasie beweer die nutsmaatskappy en sommige munisipaliteite stel duplikaatvereistes in wat verder strek as bestaande wetgewing, koste verhoog en onsekerheid skep. Die uitvoerende hoof van Outa,…
Die GOOD-party het die voorgestelde regulasies vir korttermynverhurings deur die minister van Toerisme, Patricia de Lille, verwelkom. Die party sê huurgeld en eiendomspryse in Kaapstad styg vinniger as inkomste, en met 70-persent van die huise in die middestad wat op Airbnb gelys word, is regverdige reëls nodig om inwoners te…
Puma Energy Namibia sal vir die tweede agtereenvolgende jaar brandstof borg om die Namibia Endurance Championships te fasiliteer, wat vandag tot Saterdag by Hentiesbaai plaasvind. Vanjaar se geleentheid het 'n rekordinskrywing van 105 perde en hul ruiters van 11 klubs gelok, wat aandui dat die sport groei en al hoe…
Die Nampharm Stigting gaan op 10 April by Liv Padel 'n padeldag hou vir maatskappye ter ondersteuning van kinders met gesigsmisvormings. Spanne betaal 2 500 Namibiese dollar wat aangewend word vir rekonstruktiewe operasies. Inskrywings sluit op 2 April. Kosmos 94.1 Nuus het met Cari-Ané van der Walt, die stigting se…
Die kwessie van beslaglegging van primêre eiendomme as gevolg van wanbetaling is reeds ‘n geruime tyd in die nuus. Tydens sy vergadering by die sentrale bank het eerste minister dr. Elijah Nguare die Bank van Namibië versoek om nou saam te werk met sy finansiële belanghebbendes om vriendskaplike oplossings te…
Namibië se klein tot medium sakesektor is onder druk, met byna 90 persent van klein besighede wat binne vyf jaar misluk. Kenners sê die probleem lê in swak stelselontwerp eerder as vraag. Namate die regering sy 2025 Nasionale KI-strategie bevorder, neem die oproepe vir sterker, geteikende ondersteuning toe om begin-ondernemings…
Unam en die Akkerbouraad het 'n hernude ooreenkoms onderteken. Tydens die geleentheid het hulle gekyk na 'n hoëvlakverslag, verskaf vir die implementering van die vorige ooreenkoms, wat kyk na die saadnavorsingsprojek se lewensvatbaarheid, wat hulle opbrengste per hektaar van die geselekteerde variëteite was, en die terrein. Simon Namesho, Unam-woordvoerder het…
Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het sekere lede van die parlementêre ad hoc-komitee gekritiseer wat sake skynbaar voortydig beoordeel het sonder om op bewyse te fokus. Hy het getuig op die laaste dag van die ondersoek na beweerde politieke inmenging in die strafregstelsel. Mkhwanazi beklemtoon die komitee se rol is…
Suid-Afrika se inflasie het in Februarie afgeneem en van 3,5-persent in Januarie tot drie-persent gedaal. Die afname was hoofsaaklik te danke aan laer brandstofpryse, stadiger stygings in mediese fondskoste en goedkoper kosprodukte. Vleis-, graan- en kookoliepryse het almal gedaal, wat verbruikers 'n mate van verligting gegee het. Ricado Johnson van…
Uni-health het in 2024 in samewerking met die gesondheidministerie 'n studie oor geslagsgebaseerde geweld uitgevoer. Hulle het die liggings van alkohol-afsetpunte in Otjomuise en Rehoboth gekarteer om die verband tussen alkoholbeskikbaarheid en die impak wat dit op geweld binne gemeenskappe kan hê, beter te verstaan. Verona du Preez, direkteur van…
Kwata Krieket gaan voort met sy missie om die sport na kinders in landelike Namibië te neem, met meer as 80 000 jongmense wat sedert 2009 aan krieket bekendgestel is. Volgens Gert Grobler, hoof bedryfsbeampte van Ashburton Investments, die program se hoofborg, is die ondersteuning van krieket op voetsoolvlak 'n…
Terwyl Namibia Wildlife Resorts 'n wins van 68,3 miljoen Namibiese dollar vir die 2023/2024-boekjaar rapporteer, neem kommer in die parlement toe oor hoe die staatsbeheerde toerismemaatskappy bestuur word. Die IPC-skaduminister vir die omgewing en toerisme, Rodrick Likando, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering beide die bestuur se bekwaamheid en die…
Namibië se veesektor is op gereedheidsgrondslag nadat die Verenigde Koninkryk die invoer van beesvleis uit Botswana gestaak het na 'n bek-en-klouseer-uitbreking. Bedryfskundiges bevraagteken die besluit en wys op Botswana se sterk siektesoneringstelsel, veral omdat uitvoere na die Europese Unie onaangeraak bly. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat:
NamPost het 'n groot ommekeer in die lewering van nasionale maatskaplike toelaes rapporteer. Na 'n reeks streeksberade in Maart, sê NamPost en die finansministerie dat nuwe maatreëls en strenger skedules ingestel is. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van NamPost Joseph Theofelus gepraat.
Die DA vra die minister van Minerale en Petroleum-hulpbronne, Gwede Mantashe, om deursigtig te wees oor Suid-Afrika se brandstofreserwes. Hy het die land Maandag verseker dat daar nie paniek hoef te wees oor moontlike brandstoftekorte weens die konflik in die Midde-Ooste nie. James Lorimer van die DA sê volgens wet…
18 Mar 9AM
1 min
860 – 880
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.