Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
580 – 600

NaCC sê oor volgende stappe na hy in hof verloor

Die hooggeregshof het 'n appèl van die Namibiese Mededingingskommissie van die hand gewys en beslis dat dit buite die wet opgetree het deur sy sekretaris toe te laat om 'n ondersoek na prysvasstelling in 200 apteke te begin. Die hof sê die saak is in openbare belang en het die…
23 Jan 2AM 1 min

SA is gereed om die Afrika Davos-lentevergadering in '27 aan te bied

Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê Suid-Afrika is gereed, gewillig en bevoeg om die Wêreld Ekonomiese Forum se Afrika Davos-lentevergadering in 2027 aan te bied. Dit bring sakeleiers en openbare figure uit Afrika en die res van die wêreld byeen om te beraadslaag oor belangrike temas, openbaar-privaat vennootskappe…
23 Jan 2AM 1 min

Aucamp moet sy belange in geblikte leeubedryf verklaar

ActionSA versoek die volledige bekendmaking deur die nuut aangestelde minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, te midde van bewerings van moontlike botsende belange. Die party beweer Aucamp het dalk sy private sakebelange bevoordeel deur 'n taakspan te keer wat die leeubedryf sou ondersoek en die sektor uitfaseer…
23 Jan 1AM 1 min

|Goagoses maan raadslede om eties op te tree

Die goewerneur van die Erongo-streek, Natalia |Goagoses, het die nuut ingehuldigde streeksraadslede versoek om etiese, ingeligte en kollektiewe leierskap te omhels wanneer hulle hul ampstermyn begin, en sê dat die streek 'n beslissende oomblik in sy regeringsreis beleef. Tydens die inhuldigingseremonie het |Goagoses gesê dat die program nuut toevertroude leierskap…
23 Jan 1AM 1 min

Winde maan Kaapse inwoners om versigtig te wees

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, het inwoners gemaan om waaksaam te bly terwyl die provinsie met ernstige veldbrande en voortdurende watertekorte worstel. Volgens Winde is die 2025/2026-brandseisoen die ergste in 'n dekade, met 132 000 hektaar wat afgebrand en verskeie strukture wat vernietig is, maar sonder enige lewensverlies…
23 Jan 12AM 1 min

Groenland se eerste minister weet niks van besprekings nie

Die Deense eerste minister Mette Frederiksen verwelkom samesprekings tussen president Donald Trump van Amerika en die Navo-hoof, Mark Rutte, wat tot ʼn raamwerk vir ʼn toekomstige Groenland-ooreenkoms gelei het. Sy beklemtoon egter die eiland se soewereiniteit is nie onderhandelbaar nie. Frederiksen sê Amerika en Denemarke moet met respek saamwerk sonder…
23 Jan 12AM 1 min

Spar Ocean View Marathon keer in Februarie terug

Die 2026 Spar Ocean View Marathon keer vanjaar terug en vind plaas op Saterdag, 7 Februarie. Die marathon is 'n amptelike kwalifiserende byeenkoms vir prestige-internasionale wedlope, spesifiek die Comrades- en Two Oceans maratonne in Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met organiseerder Essie Herbst gesels, wat sê die maraton is daarop…
23 Jan 12AM 1 min

Nuwe reeks oor renosterbewaring geskep

Die Rhino Momma Projek vat hulle bewusmaking vir die beskerming van renosters na die volgende vlak. Die projek het 'n nuwe reeks, Rhino Real Talk, wat op sy Facebook- en Instagram-rekenings gebeeldsend word. Hulle delf in een van die mees kontroversiële onderwerpe in bewaring: die wettiging van die handel in…
23 Jan 12AM 1 min

Hoe gemaak om groei van tussen 6 en 7% te bereik?

Namibië se ekonomie het die potensiaal om te groei teen die regering se beoogde jaarlikse groeikoers van 6 tot 7 persent per jaar indien dit behoorlik bestuur word, sê Cirrus-ekonoom Robert McGregor. Terwyl huidige projeksies vir 2025-2026 'n meer gematigde groeikoers van 3,5 persent tot 4 persent aandui, teiken die…
22 Jan 11PM 1 min

Meatco bied uitstekende prys vir slagbees, abattoirs begin kompeteer

Die pryse vir speenkalwers het hoog gebly die afgelope maand weens 'n hoë vraag. Namibië het onlangs in meeste dele van die land goed reën gekry. Kosmos 94.1 Nuus het 'n produsente kontrak onder oë gekry waarin Meatco boere meer as die normale slagprys aanbied, en nuwe rolspelers het nog…
22 Jan 11PM 1 min

Oshana-polisie gewaarsku oor privaatgebruik van NamPol-voertuie

Die Oshana-streekpolisiebevelvoerder Naftal Sakaria het polisiebeamptes gewaarsku teen die gebruik van polisievoertuie vir persoonlike doeleindes. Hy sê daar is beamptes wat polisievoertuie gebruik om na sjebiens te gaan en kinders by skole af te laai, wat onaanvaarbaar is. Sakaria het polisiebeamptes toegespreek tydens die bekendstelling van 'n misdaadbestrydingsoperasie in Oshakati.
22 Jan 10PM 1 min

Beleërde Zelensky sukkel steeds met al die fokus op Groenland

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê 'n ooreenkoms is met die VSA bereik oor veiligheidswaarborge in die geval van 'n wapenstilstand met Rusland, maar moet nog onderteken word. Hy het Donderdag met verslaggewers gepraat ná 'n uur lange ontmoeting met Amerikaanse president Donald Trump by die Wêreld Ekonomiese Forum in…
22 Jan 10PM 1 min

Sluit skool oor perdebye, eis Nanso

Nanso eis die onmiddellike sluiting van die Otjivero Gekombineerde Skool in die Omaheke-streek, te midde van 'n ernstige perdebybesmetting by die skool, totdat die perdebye verwyder is. Nanso was by die skool en het hulle bekommernis oor die kwessie uitgespreek. Nanso-president Dorthea Nangolo het tydens hulle besoek gepraat:
22 Jan 10AM 1 min

Kommer oor Barberton-dam wat kan breek

Die Departement van Water en Sanitasie het damveiligheidsingenieurs gestuur om 'n dam in privaat besit naby Barberton in Mpumalanga te beoordeel ná berigte oor 'n moontlike gevaar dat die wal kan meegee. Woordvoerder Wisane Mavasa sê die My Own Dam, wat vir besproeiing gebruik word, toon voortdurende erosie omdat dit…
22 Jan 10AM 1 min

Polio-inentingsveldtog skop op 26 Januarie af

Die gesondheidsministerie berei voor om die polio-inentingsveldtog van stapel te stuur, wat vir ronde een van 26 tot 29 Januarie en ronde twee van 24 tot 27 Februarie 2026 beplan word. Alle kinders onder 10 jaar, of hulle nou voorheen ingeënt is of nie, kwalifiseer vir die polio-inenting. Suster Gertruida…
22 Jan 9AM 1 min

Sauma weerlê Rosatom se syfers oor Leonardville-uraanprojek

MSN berig dat Rosatom beplan om tot 9,4 miljard Namibiese dollar te belê in sy omstrede Leonardville in situ logingsprojek wat gemik is op 'n jaarlikse produksie van 3 000 ton uraan en 'n mynleeftyd van meer as 25 jaar, terwyl Rusland en Namibië gesprekke oor samewerking in uraanontwikkeling en…
22 Jan 9AM 1 min

NNN lê klem op beleggers, privaatsektor se rol in ekonomie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah is op 'n missie om besigheid in die land te bevorder. Sy het die Bipa One-Stop-Centre in die hoofstad besoek saam met eerste minister Elijah Ngurare. Tydens die besoek het die president die kritieke rol van beleggers en die privaatsektor as sleutelvennote vir ekonomiese groei, die skep…
22 Jan 9AM 1 min
580 – 600