Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
520 – 540

Matrieks moet wyer kyk na beroepskeuses: minister

Die Hoër Onderwys-minister, Buti Manamela, vra 2025 se matrieks om verskeie naskoolse keuses te oorweeg. Hy het in Pimville, Soweto, gepraat, waar die top-presteerders in Gauteng sertifikate en studiebeurse ontvang het, en leerders aangemoedig om nie net na tradisionele universiteite te kyk nie. Matrieks het 'n geskiedkundige hoë slaagsyfer behaal…
26 Jan 7AM 1 min

Wêreld kort a nuwe Navo, sonder VSA

Die bekende Britse kenner van geskiedenis, lord Andrew Roberts sê daar is 'n moontlikheid dat 'n nuwe groep op die been gebring moet word wat bestaan uit demokratiese lande soortgelyk aan Navo, maar sonder Amerikaanse betrokkenheid. In ‘n gesprek met Sky News sê hy die VSA onder Donald Trump sal…
26 Jan 5AM 1 min

ANC het geloofwaardige leiers nodig, meen Cyril

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party moet vry wees van begunstiging, korrupsie en faksievorming. Hy het gister die slotrede gelewer ná die nasionale uitvoerende komitee se lekgotla in Boksburg, Gauteng. Partyleiers van oor die land het vergader om ʼn aksieplan te finaliseer om prioriteite in te stel wat in…
26 Jan 5AM 1 min

Rand daal tot onder 16 teen Amerikaanse dollar, maar...

Die Suid-Afrikaanse rand het vandag, vir die eerste keer sedert 2022 tot onder 16 teen die Amerikaanse dollar versterk. Teen 11-uur vanoggend het die wisselkoers op 15,99 gestaan met die Amerikaanse dollar maar toe teruggespring na 16,01. Ekonoom Dawie Roodt glo die verswakking in die Amerikaanse geldeenheid is kortstondig.
26 Jan 5AM 1 min

N/a'an ku sê se Marlice bemark Namibië in Noord-Europa

Marlice van Vuuren, die bekende natuurbewaarder en medestigter van N/a'an ku sê, het Finland besoek vir die 2026 Matka. Matka is die grootste reisbedryfsgeleentheid in Noord-Europa. Van Vuuren het Namibië op die wêreldverhoog verteenwoordig. Sy sê baie mense in Finland weet steeds nie van Namibië nie.
26 Jan 5AM 1 min

Goeie vooruitsigte vir reën, groot seisoen het begin

Daar is goeie nuus oor reënval. Weerkenner George van der Merwe sê die stelsel het begin draai en daar is ‘n goeie kans dat neerslae sal terugkeer – veral omdat ons nou amptelik in ons groot reënseisoen is.
26 Jan 5AM 1 min

Aanlyn aansoeke vir NSFAF is oop

Die regering het die aanlyn aansoeke vir 2026 NSFAF amptelik van stapel gestuur. Die lynminister het beklemtoon dat die regering sal voortgaan om klasgeld en registrasiegelde vir in aanmerking komende studente te dek, terwyl behoeftegebaseerde nie-klasgeldondersteuning verskaf word om met lewenskoste te help. Dr. Sanet Steenkamp het ook 'n beroep…
26 Jan 4AM 1 min

Kanada soek nie vyrhandelsooreenkoms met China nie - Carney

Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê sy land streef nie na ʼn vryhandelsooreenkoms met China nie. Dis in reaksie op president Donald Trump van Amerika se dreigement om ʼn 100-persent-tarief op Kanadese uitvoere in te stel indien Ottawa ʼn handelsooreenkoms met Beijing sluit. Carney sê volgens die vryhandelsooreenkoms met…
26 Jan 4AM 1 min

Ondersteuning vir vakkeuses in SA-skole verwelkom

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta verwelkom die beplande memorandum van ooreenkoms tussen die Departemente van Basiese Onderwys en Hoër Onderwys en Opleiding wat daarop gemik is om vakkeuseleiding te versterk en die oorgang na naskoolse onderwys te verbeter. Minister Buti Manamela is bekommerd oor 'n huidige tendens van leerders wat Wiskundige…
26 Jan 2AM 1 min

Petrofund sal vanjaar ondersteuning vir olie- en gas-studies uitbrei

Olie- en gasbedrywighede is aan die toeloop. Soveel so dat die regering die nuwe verwikkelinge wil aanmoedig deur meer Namibiërs te ondersteun om in die veld te studeer. Die Petrofund van Namibië is uitsluitlik vir hierdie doel begin. Shoki Kandjimi, die woordvoerder van die Petrofund, gee meer inligting oor hul…
26 Jan 2AM 1 min

Arteta gesels oor nederlaag teen Man U

Manchester United het die Premierliga-leiers, Arsenal, op die Emirates-stadion met 3-2 afgeransel in die Gunners se eerste nederlaag van die seisoen op hul tuisveld. Bryan Mbeumo, Patrick Dorgu en Matheus Cunha se doele het United na die vierde plek laat opskuif. Arsenal se voorsprong op die punteleer is nou slegs…
26 Jan 2AM 1 min

Walz soek ICE uit Minnesota

Die goewerneur van Minnesota, Tim Walz, sê president Donald Trump moet sy immigrasiebeamptes uit die stad Minneapolis onttrek voordat hulle nog 'n Amerikaner in die straat vermoor. Dit volg nadat Alex Pretti die naweek deur 'n grenspatrollie-agent in Minneapolis doodgeskiet is. Dit is die tweede voorval die maand in die…
26 Jan 2AM 1 min

VN moet onpartydig wees, waarom by Swapo vergader?

Die IPC het die Verenigde Nasies se inwonende koördineerder, Hopolang Phororo, tereggewys omdat sy griewe van burgers by die hoofkwartier van 'n politieke party eerder as by 'n regeringsministerie aangespreek het. Dit kom nadat die VN met meer as 400 voormalige bevrydingstrydvlugtelinge by die Swapo-hoofkwartier in Windhoek vergader het om…
26 Jan 1AM 1 min

Gauteng-gesondheid onderbestee R725m

Die DA in Gauteng het die provinsiale Departement van Gesondheid veroordeel omdat hy weereens nie sy volle begroting bestee het nie, ten spyte van vervalle hospitale, personeelvakatures, onbetaalde verskaffers en onvoldoende toerusting. Die party sê die departement sal na verwagting 725 miljoen Suid-Afrikaanse rand onderbestee in die 2025/26-boekjaar, wat in…
26 Jan 1AM 1 min

Zimbabwiër vat Cell C-uitdaging

Die Zimbabwiër Benjamin Follett-Smith het die Cell C-uitdaging-titel by die Killarney-buiteklub in Johannesburg met een hou weggeraap voor die Suid-Afrikaner, Haydn Porteous. Dis sy derde Sonskyntoer-titel. Die Suid-Afrikaner Kieron van Wyk is derde op 11 onder baansyfer. Die toernooi is ter ere van Gary Player gehou. Follett-Smith sê hy is…
26 Jan 12AM 1 min

Nieu-Seeland staak reddingspogings by kampterrein

Nieu-Seeland se polisie het bevestig dat ses mense wat na ʼn grondstorting by die gewilde Mount Maunganui vermis word, waarskynlik nie lewend gevind sal word nie. Onder die vermiste persone is twee tieners waarvan die jongste 15 is. Die polisie-superintendent Tim Anderson sê hulle moes gister reddingspogings laat vaar nadat…
26 Jan 12AM 1 min

Veearts waarsku oor perdesiekte, knopvelsiekte

Knopvelsiekte was laasjaar 'n groot probleem tydens die reënseisoen. Boere word gewaarsku om vanjaar ook paraat te wees daarop. Ander siektes wat ook gereeld voorkom tydens die reënseisoen is perdesiekte. Kosmos 94.1 Nuus het met veearts dr. Theuns Laubscher van Windhoek Vet gepraat, wat raad het vir boere.
26 Jan 12AM 1 min
520 – 540