Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
500 – 520

Dringende ingryping is nodig in SA teen xenofobie - kenner

Anti-immigrasiegroepe gaan voort met demonstrasies regoor groot Suid-Afrikaanse stede en eis die massa-deportasie van ongedokumenteerde migrante. Die spanning het die land se verhouding met ander Afrika-lande gespanne gemaak, met Ghana en Nigerië wat kommer uitspreek en honderde van hul burgers wat die land verlaat. Terwyl die regering xenofobiese geweld veroordeel…
2 Jun 4AM 1 min

Kommer oor 165 000 varisty-sertifikate wat teruggehou word

Die Vereniging van Staatsamptenare is bekommerd oor berigte dat hoëronderwysinstellings meer as 165 000 studentesertifikate terughou weens 'n studenteskuldkrisis van 59-miljard Suid-Afrikaanse rand. Claude Naicker van die vereniging sê die situasie raak veral arm en werkersklas-studente, wat toegang tot werk en professionele geleenthede beperk. Die vakbond vra dringende ingryping, insluitend…
2 Jun 3AM 1 min

Humanitêre situasie in Libanon is haglik

Die sekretaris-generaal van die Noorse Vlugtelingraad, Jan Egeland, beskryf die menslike koste van die verlies van hulpbefondsing in krisisgebiede soos Libanon. Meer as 1,2 miljoen mense is ontheem en woon onder brûe en op sypaadjies. Hy sê kwesbare burgerlikes word herhaaldelik opdrag gegee om op te pak en te trek.
2 Jun 3AM 1 min

Gesprekke tussen VSA, Iran moet voortgaan - EU

Die Europese Unie sê hy is gereed om by te dra tot ʼn volhoubare en vreedsame oplossing tussen Amerika en Iran. ʼn Voorlopige vredesooreenkoms wat deur Pakistan bemiddel is, word deur die twee lande oorweeg terwyl president Donald Trump van Amerika sê die fokus is op Iran se kern-vermoë. Die…
2 Jun 3AM 1 min

Binnelandse sake sluit noodsaaklike statistiek in strategiese plan in

Die regering hoop om openbare diens te versterk deur die gebruik van statistieke en data. Die Binnelandse Sake-ministerie het Maandag 'n halfdag-werkswinkel aangebied rakende sy strategiese plan vir burgerlike registrasie en noodsaaklike statistieke. Tydens die opening van die werkswinkel het die uitvoerende direkteur van die lynministerie, Daniel Nghidinua die uiteindelike…
2 Jun 3AM 1 min

Duitsers help in bekamping van tienerswangerskappe

Die Namibia Planned Parenthood Association se Pamwe-projek het 'n hupstoot van 1,9 miljoen Namibiese dollar van die Duitse ambassade ontvang om seksuele en reproduktiewe gesondheidsregte onder adolessente en jongmense in die Kavango-, Kunene- en Omusati-streke te bevorder. Gundula Perry, die ambassade se woordvoerder, sê die befondsing is as noodsaaklik beskou…
2 Jun 2AM 1 min

Dwelmbeslagleggings maak SA-beamptes siek

Adjudant-offisier Karl Sander van die Valke in KwaZulu-Natal het voor die Madlanga-kommissie getuig dampe van groot hoeveelhede gekonfiskeerde Mandrax-tablette kan ernstige gesondheidsgevare inhou. Sander verduidelik polisiebewyssakke word gemaak van materiaal met fyn gaatjies wat moontlik dampe kan vrystel. Hy sê beamptes en doeanebeamptes wat betrokke was by 'n groot dwelmbeslaglegging…
2 Jun 2AM 1 min

Bafana vertrek sonder hulpafrigter

Bafana Bafana het gister sonder hul hulpafrigter, Helkman Mkhalele, na hul Wêreldbeker-oefenbasis in Pachuca, Mexiko, vertrek. Hy wag steeds vir die verwerking van sy visum deur die Amerikaanse ambassade. Die groep sou oorspronklik Sondag vertrek, maar is teruggehou deur 'n vertraging in die verkryging van visums wat deur die Suid-Afrikaanse…
2 Jun 1AM 1 min

N$818m vir Ebola-entstof

Die Coalition for Epidemic Preparedness Innovations het sowat 818 miljoen Namibiese dollar aan die farmaseutiese maatskappy, Moderna, en twee ander groepe bewillig. Die doel is om vinnig ʼn entstof te ontwikkel teen die Bundibugyo-stam van die Ebola-virus, wat deur die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda woed. Die uitbreking het…
2 Jun 1AM 1 min

CAN se appelprojek sluit einde Junie

Die Kankervereniging van Namibië se bestellings vir die Bank Windhoek Appel-projek sluit einde Junie. Die projek is ter ondersteuning van die vereniging se nasionale kankerveldtog, 'n program vir finansiële bystand vir pasiënte, en die Kinders veg teen Kinderkanker, of Chica-program. Rolf Hansen, CAN se uitvoerende hoof gee meer inligting.
2 Jun 1AM 1 min

Boontjie-planne vir Omaheke: Daar's 'n rede hoekom dit 'Cattle Country' is

Landboukenner Wallie Roux het die langtermyn-lewensvatbaarheid van die eerste minister se beplande sojaboon- en grondboontjieproduksieprojek op 95 hektaar in die Omaheke-streek bevraagteken. Terwyl hy die fokus op landbouproduksie en waardetoevoeging verwelkom, sê Roux dat die belangrikste vrae steeds bly of die grondgehalte die onderneming kan ondersteun en of voldoende markvraag…
2 Jun 12AM 1 min

Aus-vlaktes in kleur getooi

Dele van die woestyn in die Suide is tans in blomme geklee. Na welkome reën is die vlaktes rondom Aus in kleur getooi met 'n vars tapyt van pers sporries, of Heliophila deserticola. Die publiek word uitgenooi om dit self te gaan ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers,…
2 Jun 12AM 1 min

Steenhuisen kondig openbare-privaat model vir BKS

Landbouminister John Steenhuisen sê 'n nuwe openbare-privaat biosekerheidsmodel sal bekendgestel word om langtermynbeheer van bek-en-klouseer te versterk. Steenhuisen sê die regering vorder goed in sy stryd teen die siekte, met 13,5-miljoen entstofdosisse wat verkry is en byna 4,4-miljoen diere wat reeds ingeënt is. Hy voeg by meer entstofdosisse het intussen…
1 Jun 11PM 1 min

Iran skort gesprekke met VSA op

Iran het vredesonderhandelinge met die VSA opgeskort in protes teen die Amerika-gesteunde Israel se offensief in Libanon, berig CNN. Die Iranse minister van buitelandse sake, Abbas Araghchi, sê "ondubbelsinnige skending van die wapenstilstand op een front is 'n skending van die wapenstilstand op alle fronte", en Amerika en Israel sal…
1 Jun 11PM 1 min

Gautengse polisie vind R3 miljoen se tik

Die Gautengse polisie het 'n 35-jarige man in Diepsloot in hegtenis geneem na 'n intelligensie-gedrewe operasie deur die Teen-Narkotika-Misdaadintelligensie-eenheid en ander belanghebbendes. Woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê beamptes het ongeveer tien kilogram crystal meth, of tik, met 'n geraamde straatwaarde van drie-miljoen Suid-Afrikaanse rand onder 'n matras in 'n woning gevind…
1 Jun 11AM 1 min

Kuba se gesondheidsdiens op rand van ineenstorting

Kuba se eens ikoniese en gevierde gesondheidstelsel is besig om in duie te stort. Die land se gesondheidsdiens is nou onder erge druk ná jare van wanbestuur en Amerikaanse sanksies, en Amerikaanse president Donald Trump se olie-embargo het die probleem tot 'n spits gedryf. Chris Sabatini van die Koninklike Instituut…
1 Jun 11AM 1 min

Unam-studente moet nóú vir Nsfaf-hulp aansoek doen

Meer as 6 000 studente aan die Universiteit van Namibië loop die risiko om finansiële bystand mis te loop namate die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds voorberei om sy aansoekvenster vir befondsing te sluit. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die universiteitswoordvoerder, Simon Namesho, dat studente wat reeds vir…
1 Jun 10AM 1 min

Registrasie van nie-SA voertuie wat na SA reis het begin

Die tydelike registrasie van nie-Suid-Afrikaanse voertuie wat van SACU-lande afkomstig is en wat daardie land binnegaan, het vandag in werking getree. Die proses word deur die Suid Afrikaanse Inkomstediens geïmplementeer. Die ses maande lange permit kan aanlyn of by die grens verkry word. Kosmos 94.1 Nuus het met Leodolf Swanepoel…
1 Jun 10AM 1 min

Eerste direkte Zürich-Windhoek Edelweiss-vlug land vanaand

Die eerste langverwagte Edelweiss-vlug wat Zürich en Windhoek verbind, land vanaand. Dit bring die totale vlugte deur die Lufthansa-groep se Edelweiss en Discover rederye op 13 weekliks te staan. Die groep sal meer as 152 000 jaarlikse sitplekke bydra, wat Namibië se posisie as 'n belangrike toegangspunt tot Europese markte…
1 Jun 10AM 1 min
500 – 520