Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
1140 – 1160

Haal uit die truie, koue is op pad, sê weerdiens

'n Afsny-laedrukstelsel beweeg tans oor die land en bring buite-seisoen reënbuie na die suidwestelike streke. Albertina Anderson van die weerdiens sê dat 'n kouefront die land kort ná die reën kan bereik, wat sal veroorsaak dat temperature oor die naweek drasties daal. Sy het meer:
16 Sep 10AM 1 min

Nasan vorder fluks met handelsmerk-verandering

Nasan Energies het die eerste fase van sy program vir die verandering van sy diensstasies na sy handelsmerk toe suksesvol voltooi. Sestien voormalige Shell-vulstasies dwarsoor Namibië is na die Nasan-handelsmerk oorgeskakel. Dit sluit terreine in Rehoboth, Oshakati, Gobabis, Mariental, Kalkveld, Windhoek, Okahao, Walvisbaai, Outjo, Okahandja, Tsumeb, Ondangwa en Oshivelo in…
16 Sep 9AM 1 min

Oekraïne sal aanhou Russiese energieteikens aanval, Trump

Vredesgesprekke tussen Rusland en Oekraïne is weer in die nuus, veral met president Donald Trump wat Oekraïne se aanvalle op Russiese energieteikens, wat hy sê die dieselprys opstoot, wil laat ophou. Maar, en dit is nie die eerste keer nie, sê president Volodymyr Zelensky voordat hy om ‘n tafel saam…
16 Sep 9AM 1 min

Oud-Vervolgingsgesag-hoof 'moet vervolg word oor komplot teen Masemola'

Activists and Citizens Forum verwelkom die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, se besluit om aanklagte teen die geskorste polisiekommissaris, Fannie Masemola, terug te trek. Hy is beskuldig van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor die Medicare 24-tender. Woordvoerder Dennis Bloem sê die voormalige hoof van…
16 Sep 8AM 1 min

Beleggingskaart sal streeksekonomië bou, euwels hokslaan

Ohangwena-goewerneur Kadiva Hamutumwa sê die nuut bekendgestelde beleggingskaart van 700 miljoen Namibiese dollar is daarop gemik om jeugwerkloosheid, armoede en toenemende sosiale euwels soos geslagsgebaseerde geweld aan te pak deur 'n selfonderhoudende plaaslike ekonomie te bou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Hamutumwa die bevordering van plaaslike entrepreneurskap…
16 Sep 8AM 1 min

Mense het goeie rede tot kommer oor KI - Altman

OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, sê die wêreld moet kunsmatige-intelligensiemaatskappye vertrou om die regte ding te doen omdat hulle die druk voel om verantwoordelik op te tree. Daar was die afgelope tyd toenemend kommer oor die tegnologie se moontlike gevare, en Anthropic se hoof, Dario Amodei, doen ʼn beroep…
16 Sep 6AM 1 min

NNN waarsku regbank oor integriteit, standaarde

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het verklaar dat korrupsie en ‘n gebrek aan integriteit geen plek in Namibië se strafregstelsel het nie, en gewaarsku dat openbare vertroue ineenstort as hofuitsprake as onregverdig geag word. Met die opening van die eerste driedaagse Staat van Geregtigheid-konferensie het sy regspraktisyns, landdroste en regterlike beamptes versoek…
16 Sep 6AM 1 min

Namibië se kookkuns bly tops

Sjef Dagmar Grüner is as Namibië se Sjef van die Jaar by die Nust Hotelskool gekroon en is die eerste deelnemer in meer as vyf jaar wat 'n goue sertifikaat verwerf het deur meer as 90 persent te behaal. Kompetisiebeoordelaar Sanet Prinsloo het ook Cara Kotze as Skoolsjef van die…
16 Sep 6AM 1 min

IPC boos oor weerstelsels by lughawens

Die IPC se skadu vervoerminister, Nelson Kalangula, waarsku dat die afgradering van Walvisbaai Internasionale Lughawe se lugruim na Klas G vlieëniers dwing om sonder lugverkeersbeheer of regstreekse weerdata te vlieg, wat veiligheid ernstig in die gedrang bring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus na vlugomleidings na Hosea Kutako Internasionale…
16 Sep 6AM 1 min

Hardap het genoeg water tot die 2027 koringoes-seisoen

Die Hardapdam is 53,8 persent vol en boere in die streek vertrou dat hulle genoeg watervoorraad het om robuuste plantsiklusse vir stapelgewasse soos mielies en koring te beplan, wat streeksvoedselsekerheid en plaaslike werkverskaffing sal verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, voorsitter van die Hardap-boerevereniging gesels.
16 Sep 5AM 1 min

EU moet sy energie-afhanklikheid aanspreek

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die EU in Strasbourg, Frankryk toegespreek in haar jaarlikse toespraak. Sy het talle kwessies aangeraak maar, spesifiek melding gemaak van die stygende energiekostes wat die blok ervaar, nes elders oor die wêreld.
16 Sep 5AM 1 min

Ebola: VN sê dit sal nog maande neem

Die Verenigde Nasies sê die dodelike Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo versprei oor die land, ten spyte van ʼn mate van sukses om dit te beperk. Rondom 7 200 Ebola-gevalle is aangemeld en byna 3 500 mense is daaraan dood. Hierdie uitbreking is die tweede ergste op rekord…
16 Sep 5AM 1 min

Solidariteit lê klag teen Amazon in Washington

Solidariteit het 'n klag by die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in Washington, DC, teen Amazon Web Services ingedien oor 'n besigheidsontwikkelingsprogram wat vereis aansoekers moet 100-persent in swart besit wees. Dirk Hermann van die vakbond sê die vereiste is onregverdig want dit sluit ondernemings met enige wit eienaarskap…
16 Sep 3AM 1 min

Eenhana se handelaars moes skuif - burgemeester

Die burgemeester van Eenhana, Omri Onn Kavandje, sê die verskuiwing van straatverkopers na die dorp se aangewese opemark is noodsaaklik om openbare orde te handhaaf en beleggings te lok. Kavandje het tydens 'n vergadering met die bestuur en belanghebbendes van die Eenhana-stadsraad verduidelik dat die raad die dorp se verordeninge…
16 Sep 3AM 1 min

Verkrygingsraad en NaCC sal saamwerk

Die Namibiese Verkrygingsraad en die Mededingingskommissie se nuut-getekende memorandum van ooreenkoms beoog om tender “konkelary” en prysmanipulasie met regeringskontrakte te beveg. Die raad se uitvoerende hoof, Idi Itope sê die ooreenkoms sal owerhede in staat stel om openbare verkryging gelyktydig vanuit twee rigtings te monitor en korrupsie makliker te ontbloot…
16 Sep 2AM 1 min

Kempton-moorde: Een vas, nog een soek

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê ʼn verdagte is aangekeer in verband met een van die moorde wat in Julie in Kemptonpark, Ekurhuleni, gepleeg is en die polisie soek na nog ʼn persoon van belang. Agt vroue se liggame is die afgelope twee maande in die metro ontdek. Dimpane…
16 Sep 2AM 1 min

Kanada spits hom op die EU

Eerste minister Mark Carney sê Kanada wil ʼn uitsonderlike ekonomiese en veiligheidsalliansie met die Europese Unie aangaan. Ottawa wil sy ekonomiese afhanklikheid van die VSA verminder nadat die handelsoorlog tussen dié twee lande die afgelope maand verskerp het. Sedert handelsgesprekke verlede maand skielik ineengestort het, probeer die twee lande mekaar,…
16 Sep 1AM 1 min

Agt Kaapse haweloses reis na Mexiko vir Homeless World Cup

Die Stad Kaapstad versterk sy vennootskap met Oasis Reach for Your Dreams deur middel van die Homeless World Cup-program, en gebruik sokker om hawelose mense te ondersteun. Die lid van die Burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham sê agt spelers is nou gekies om Suid-Afrika in Januarie volgende jaar…
16 Sep 1AM 1 min

SAPD loof R400 000-beloning uit na 8 lyke gevind is

Die polisie het nog 'n liggaam in Ekurhuleni gevind, wat die totaal vroueliggame wat die afgelope twee maande in die metro ontdek is, op agt te staan bring. Die ministerie van Polisie het 'n beloning van 400 000 Suid-Afrikaanse rand uitgeloof vir inligting wat tot inhegtenisnemings kan lei. Die waarnemende…
16 Sep 1AM 1 min

Boetes sal gehef word vir rokers, en meer

Die gesondheidministerie stel boetes van tot 5 000 Namibiese dollar of 'n maand tronkstraf voor vir mense wat in die openbaar rook, in konsepwysigings aan die Wet op die Beheer van Tabakprodukte. Gesondheidsamptenaar Gabriel Joseph sê eienaars van openbare ondernemings wat rook toelaat, kan boetes van 60 000 dollar of…
16 Sep 1AM 1 min
1140 – 1160