Savanna Beef sê hy fokus op die toekoms en beoog verdere groei en werkskepping ná 'n sterk eerste bedryfsjaar. Tussen Augustus 2025 en 31 Julie 2026 het die maatskappy meer as 12 600 beeste geslag en verwerk en 267,95 miljoen Namibiese dollar aan produsente uitbetaal. Savanna Beef se werksmag het…
Fidji het ‘n noodtoestand verklaar rakende MIV. Gesondheidsbeamptes skat dat ongeveer 1 uit elke 60 volwassenes in Fidji tans met MIV leef, 'n toename vergeleke met 1 uit 165 vyf jaar gelede. Die epidemie het uitgebrei van gekonsentreerde hoërisikogroepe na die algemene bevolking. Voorgeboortelike toetse toon dat ongeveer 1 uit…
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië sê die land se telekommunikasiesektor het ‘n beduidende positiewe groei in die tweede kwartaal van 2026 getoon. In sy jongste Tweede Kwartaal Statistiekbulletin, wat die tydperk April tot Junie 2026 dek, toon Cran-navorsing dat aktiewe mobiele SIM-kaartintekeninge met 2 persent tot ongeveer 2,79 miljoen intekeninge toegeneem…
Die Suid Afrikaanse Departement van Elektrisiteit en Energie en die Wêreldbankgroep het 'n strategiese raamwerk vir die ontwikkeling van aflandige windkrag in Suid-Afrika bekend gestel. Die bekendstelling was tydens die Afrika Groenwaterstof-beraad in Kaapstad. Adjunkminister Alexandra Abrahams sê Suid-Afrika se geografiese ligging sorg vir bestendige windtoestande langs die kus, wat…
Die aktiviste vir sosiale geregtigheid, Shaun Gariseb en Michael Amushelelo, vergader vanoggend om tien met gemeenskapslede by die Katutura-jeugkompleks. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Gariseb dat dringende sosio-ekonomiese kwessies wat alle inwoners van Windhoek raak, bespreek sal word. Hy vra inwoners om self hul kwessies en uitdagings…
Die Amerikaanse Federale Reserwe het rentekoerse die eerste keer sedert 2023 verhoog om inflasie, wat bo sy teiken van twee-persent bly, te hanteer. Die federale raad het ʼn eenparige besluit geneem om die rentekoers met ʼn kwart persentasiepunt te verhoog na tussen 3,75-persent en vier-persent. Dit volg ten spyte van…
Sylvia Haoses, stigter van die Anti-Dwelm- en Middelmisbruikveldtog in Okahandja, het 'n verenigde, jaarlikse poging aangewend om toenemende dwelm- en alkoholmisbruik te bestry, en gewaarsku dat dwelm-verslawing bydra tot misdaad en gesinsgeweld in die dorp. Haoses beklemtoon dat die bekamping van middelmisbruik toeganklike rehabilitasiedienste, jeugvaardigheidsontwikkeling en aktiewe samewerking tussen ouers,…
Krieket Namibië sê die onlangse krieket-reekse wat hier in Windhoek gespeel is, was baie suksesvol. Die FNB Eagles het as gasheer opgetree vir Suid-Afrika en Zimbabwe tydens die FNB T20-drielandereeks en 'n daaropvolgende bilaterale eendag-reeks in Windhoek. Die Proteas het in Namibië skoonskip gemaak toe hulle het die FNB T20-drielandereeks-trofee…
Die ministerie van gesondheid sê die aanvanklike siviele werke vir die nuwe Windhoek Distrikshospitaal in Havana is vertraag nadat die projek geloods is voor ontwerpdokumentasie voltooi is. Ministerie-woordvoerder Walters Kamaya sê statutêre verkrygingsregulasies vereis 'n verpligte ses maande lange tenderproses en 'n 30-dae prestasiewaarborgvenster. Owerhede en die Ontwikkelingsbank van Namibië…
Openbare beleidsontleder Marius Kudumo sê dat politieke partye jong kiesers kan vervreem deur op historiese narratiewe uit die bevrydingstryd staat te maak, eerder as om oplossings te bied vir huidige probleme soos jeugwerkloosheid en armoede. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Kudumo oorbeklemtoning van die verlede kan 'n…
Die omgewingsministerie gaan vandag in Windhoek voort met openbare konsultasies oor luiperdtrofeejagregulasies, kwotas en fooie. Die sessie in Windhoek vind vanaf 08:00 by die Movenpick-hotel plaas. Hannes du Plessis, president van die Namibia Professional Hunting Association, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is belangrik dat belanghebbendes in die jagbedryf…
Internasionaal en die EU baan die weg om Kanada sy eerste geassosieerde lid te maak. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dié status is nie tans in die liggaam se verdrae nie en beteken nie volle lidmaatskap nie. Sy meen so 'n reëling kan samewerking…
In Suid-Afrika het die Verkiesingskommissie byna 136 800 kandidate goedgekeur om op 4 November aan die plaaslike regeringsverkiesing deel te neem. Groot metro's soos Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni sal stembriewe met twee kolomme gebruik weens die groot aantal politieke partye. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het op 'n…
Die ANC sê hy sal appelleer teen die uitspraak van die Verkiesingshof wat sy beswaar teen die uitsluiting van 181 kandidate in ses munisipaliteite voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November van die hand gewys het. Die party hou vol die kandidate se inligting was voor die sperdatum op die…
Die Padowerheid waarsku die publiek teen 'n bedrieglike SMS wat beweer dat 'n spoedradar 'n verkeersoortreding vasgevang het. Die tipe slenter raak al hoe meer algemeen en wek kommer. Woordvoerder Hileni Fillemon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die regering is onder druk om duidelikheid te verskaf oor of hy hom formeel in die stryd gewerp het om 'n 10,2 persent belang in Rössing Uranium te bekom. Die PDM-leier, McHenry Venaani, het in die parlement antwoorde geëis oor die regering se pogings om hierdie belang, wat deur die…
Die IPC se skaduminister van internasionale betrekkinge en handel, Rodney Cloete, het formele vrae in die Nasionale Vergadering ingedien en eis volle deursigtigheid oor die regering se grootmaat brandstofvoorsieningsooreenkoms met die multinasionale handelaar Vitol, en die verlenging daarvan tot Oktober. Cloete wil hê dat die lynministerie werklike brandstofvolumes wat ingevoer…
'n Afsny-laedrukstelsel beweeg tans oor die land en bring buite-seisoen reënbuie na die suidwestelike streke. Albertina Anderson van die weerdiens sê dat 'n kouefront die land kort ná die reën kan bereik, wat sal veroorsaak dat temperature oor die naweek drasties daal. Sy het meer:
Nasan Energies het die eerste fase van sy program vir die verandering van sy diensstasies na sy handelsmerk toe suksesvol voltooi. Sestien voormalige Shell-vulstasies dwarsoor Namibië is na die Nasan-handelsmerk oorgeskakel. Dit sluit terreine in Rehoboth, Oshakati, Gobabis, Mariental, Kalkveld, Windhoek, Okahao, Walvisbaai, Outjo, Okahandja, Tsumeb, Ondangwa en Oshivelo in…
16 Sep 9AM
1 min
1120 – 1140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.