Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika en Zimbabwe moet hulle sterk bilaterale verhouding omskep in ekonomiese geleenthede. Hy het die ministeriële vergadering van die vierde sitting van die Suid-Afrika-Zimbabwe Bi-nasionale Kommissie in Pretoria toegespreek. Meer as 33 ooreenkomste en memorandums van verstandhouding is bereik sedert…
Die vervoerministerie doen uiteindelik stappe om die onwettige vervaardiging van nommerplate en taxi-identifikasienommers aan te spreek. Dit kom te midde van kommer dat baie rooftogte gepleeg word met voertuie met bedrieglike identifikasie, wat dit vir die owerhede moeilik maak om hulle op te spoor. Ministeriewoordvoerder Tangi Shivute sê die ministerie…
Die Madlanga-kommissie veroordeel die intimidasie van joernaliste wat die verhore in Pretoria bywoon, en sê dis lede van die media se grondwetlike reg om hul pligte uit te voer. Dit volg na die inhegtenisneming van die omstrede sakeman, Stuart James Scharnick, nadat hy na bewering die Sowetan-joernalis, Herman Moloi, gekonfronteer…
Die Speaker van die Kinderparlement, Jane Phiri, doen 'n beroep op die jeug om die land se bevrydingsgeskiedenis aktief te vereer voor Heldedag op 26 Augustus. Voor die hoofherdenking by Helde-akker in Windhoek het Phiri jongmense aangespoor om die nalatenskap van gevalle vryheidsvegters te bewaar en hul impak met toekomstige…
Die wêreld-nommer-twee, Rory McIlroy, het met ʼn openingsrondte van ses onder 64 by die BMW-kampioenskap in Missouri, heelwat beter gedoen as verlede week se teleurstellende vertoning by die FedEx St Jude-kampioenskap. Die speler van Noord-Ierland deel die voorsprong met die Amerikaanse viermanskap Gary Woodland, Wyndham Clark, JJ Spaun en Chris…
Die uitvoerende hoof van Discovery, Adrian Gore, sê Suid-Afrika moet ekonomiese groei van minstens 3 persent behaal om werk te skep en werkloosheid te verminder. Gore het tydens die bekendstelling van fase drie van die vennootskap tussen die regering en nywerhede in Johannesburg gesê vordering is gemaak met die beëindiging…
Die omvang van onwettige storting in Brittanje het rekordhoogtes bereik. Dit word wyd erken deur plaaslike owerhede en omgewingsliggame as 'n kritieke burgerlike en finansiële las. Amptelike syfers van toon dat plaaslike owerhede in Engeland alleen 1,26 miljoen voorvalle van onwettige storting oor die 2024/25-periode aangeteken het. Dit is gelykstaande…
Die vakbondfederasie Cosatu, Solidariteit, die Inmaakvrugteprodusentevereniging, en ander vrugteprodusente, doen 'n beroep op Premier Foods om nie sy Tulbagh-vrugte-inmaakfabriek in die Wes-Kaap te sluit nie. Malvern de Bruyn van Cosatu sê die sluiting sal 424 fabriekswerkers, honderde vrugteprodusente en duisende ander mense raak wie se lewensbestaan van die fasiliteit afhang:
Statistiek Suid-Afrika sê siviele skulddagvaardings het tussen April en Junie met 0,8-persent gedaal in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Skuldvonnisse het egter met 9,9-persent toegeneem. Vhonani Kwinda van Statistiek SA sê die syfers dui aan hoewel minder nuwe skulddagvaardings uitgereik is, het meer skuldsake tot hofvonnisse gelei met die…
Parlementslid Eddie /Nanub waarsku dat die nuwe Geestesgesondheidwetsontwerp pasiënte en gesondheidswerkers sal faal tensy wetgewers 'n volledige implementeringsbegroting en infrastruktuurplan aanheg. /Nanub voer aan dat die wetsontwerp eerstewêreldstandaarde vereis terwyl chroniese onderbefondsing, ernstige oorbevolking van fasiliteite en 'n kritieke tekort aan mediese personeel geïgnoreer word. Hy het met Kosmos 94.1…
Oliepryse het vanoggend min verander, maar is op koers vir 'n tweede weeklikse styging namate die dooiepunt in die oorlog tussen die VSA en Iran steeds die aanbod van die belangrikste Midde-Oosterse produserende streek ontwrig. Brent verhandel tans net onder 94 Amerikaanse dollar ‘n vat. President Donald Trump sê hy…
Die voormalige Springbok-kaptein Gary Teichman glo die huidige Bok-groep is in die beste moontlike posisie om sy span se reeksnederlaag teen die All Blacks 30 jaar gelede te wreek. Nieu-Seeland het in 1996 2-1 gewen vir hul eerste reeksoorwinning ooit in Suid-Afrika. Die eerste van vier toetse vind Saterdag op…
Die Namibië Professionele Jagtersvereniging, Napha, het openbare konsultasies oor luiperdtrofeejagregulasies, kwotas en fooie verwelkom. Die konsultasies begin volgende Dinsdag in Keetmanshoop en sal ook in //Kharas, Hardap, Otjozondjupa, Erongo, Kunene, Zambezi en Khomas aangebied word. Napha-president Hannes du Plessis sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is van kardinale belang vir…
Reaksie word ontvang oor die tekort aan stralerbrandstofvoorrade by Hosea Kutako Internasionale Lughawe, met die IPC wat sê dat die brandstofvoorsieningstekorte 'n patroon geword het. Die IPC se skaduminister van internasionale betrekkinge, Rodney Cloete, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die probleem nie individuele verskaffers is nie, maar wys…
Die geskorste LP en leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, is voor die Madlanga-kommissie uitgevra oor die bevestiging van dokumente wat hy beweer onder sy kantoordeur ingeskuif is. Hy sê sommige dokumente lyk of dit in sy handskrif is, maar was nie deel van die oorspronklike lêer nie…
Werkers in die visbedryf het Donderdag by 'n betoging in Walvisbaai teen ondersee-fosfaatmynbou aangesluit. Die groep het by die kantore van die omgewingsministerie vergader om 'n petisie te oorhandig. Die woordvoerder van die groep, Taapopi Shikongo, het 'n beroep gedoen op die heroorweging van die omgewingsgoedkeuring vir mariene fosfaatmynbou, met…
Die vakbondfederasie Saftu steun ten volle die vakbond Fawu se eis vir 'n loonverhoging van 13-persent in die suiker-vervaardigings- en -raffineringsbedryf. Duisende werkers het hierdie week hulle beskermde staking hervat nadat loononderhandelings 'n dooiepunt bereik het. Die Werkgewersvereniging vir die Suiker-vervaardigings- en -Raffineringsbedryf bied 'n loonverhoging van 5,4-persent aan. Asive…
Die Khomas-streekraad het kommer uitgespreek oor voortdurende probleme met skoolplasings dwarsoor die streek. Met die aanbieding van die Raad se 2025/26-jaarverslag aan die Nasionale Raad, het LP John Moonde uitgelig dat die onderwyser-tot-leerder-verhouding in sommige kiesafdelings tussen 40 en 55 leerders per onderwyser bereik het.
Die IPC soek duidelikheid oor die Amerikaanse ambassade se onlangse besoek aan Namibië se Satcom-fasiliteit. Satcom is in besit van August 26, die kommersiële en industriële arm van die verdedigingministerie. Die IPC se skaduminister van verdediging, Aloisius Kangulu, sê geen buitelandse moondhede moet toegang hê tot 'n ander land se…
20 Aug 10AM
1 min
100 – 120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.