100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,276 Episodes
420 – 440

Avontuurjagters skiet reeks in Laeveld

Chantel Jacobs is die aanbieder van Avontuurjagters wat tans in die Laeveld geskiet word. Die fokus is op wat daar in dorpies vir toeriste is om te doen, en in Nelspruit het hulle ook gefokus op wat die sekuriteitsmaatskappye doen om inwoners te beveilig. Sy gesels met Coenie.
27 May 2024 6 min

Hoe werk die derde stembrief dié verkiesing?

Woensdag hou Suid-Afrika verkiesing. Daar is twee veranderinge vanjaar: Jy moet by die lokaal stem waar jy geregistreer is, en daar is 'n derde stembrief - 'n nuutjie vir 'n algemene verkiesing. TC Chembeni verduidelik hoe dit werk.
27 May 2024 13 min

Penryn loods TS Galaxy Jeugakademie

Penryn het hande geneem met die enigste sokkerklub in Mpumalanga wat in die premierliga speel om die TS Galaxy jeugakademie te stig. Michael Eisen, Penryn se hoof, vertel meer.
24 May 2024 12 min

Jy het waarskynklik posttraumatiese stresversteuring

Die meeste Suid-Afrikaanse volwassenes ly aan 'n mate van posttraumatiese stresversteuring. Sonja Stadler is 'n positiewe sielkundige wat by die KLCBT se jaarvergering raad gegee het. Linda Grimbeek deel dit.
20 May 2024 14 min

Skoonheidsadvies van Hannon

Hannon Bothma, die Glam Guru, kuier by Amanda in die ateljee en deel 'n paar skoonheidswenke wat jou in 'n kits op sal kikker.
20 May 2024 13 min

Operation Smile bring hoop na Mpumalanga

Project Smile was verlede week in die Laeveld om operasies uit te voer op sowat 30 minder bevoorregte kinders met gesplete verhemelte en haaslip in Mpumalanga. Fiola Lujabe en dr. Marius van der Walt gesels met Skedaddle oor dié internasionele nie-winsgewende organisasie.
20 May 2024 18 min

Loopbane: Passie vir mense nodig vir goeie verpleging

Internasionale Verpleërsdag word jaarliks op 12 Mei (Florence Nightingale se verjaarsdag) gevier. Debbie Capazorio van The Rivers wondkliniek in Mbombela gesels met ons oor verpleging as 'n loopbaan.
13 May 2024 13 min

Hi-Tech stel nuwe toepassing bekend

Frank Swanepoel en André Jacobs van Hi-Tech Sekuriteit vertel vir Sonop Ontbyt hoe hul splinternuwe toepassing jou sekuriteit kan bevorder.
13 May 2024 14 min

Klapgeveg op pad na Mbombela

Bobby Krisch, oftewel Bobby The Punisher, vertel vir Neels oor die klapgevegte wat eersdaags in Mbombela plaasvind.
10 May 2024 10 min

Pumas teen Kavaliers vanaand in Mbombela

Die Airlink Pumas en Kavalier Boland sê mekaar vanaand in Mbombela die stryd aan in die SA Beker. Die Pumas moes verlede week teen die Griekwas in Kimberley die knie buig, maar staan steeds ‘n goeie kans om teen hulle in die eindstryd te staan te kom. Dit is die…
10 May 2024 9 min

Jong omroeper het groot liefde vir radio

Adriaan Gryvenstein het op 15 Oktober 2022 sy debuut as radioomroeper gemaak op 100.5FM. Op 16 jaar, vyf maande en 26 dae oud was hy een van die jongste omroepers nog in die land. Hy het onlangs sy 18de verjaarsdag gevier en kyk terug na die begin, sowel as wat…
10 May 2024 12 min

Leer iets nuut: Handwerk

Colleen van den Bergh bied klasse aan in breiwerk, naaldwerk, hekel en borduurwerk. Sy sê dit is sosiaal en hierdie kreatiewe uitlaatklep doen wondere vir 'n mens. Sy sê borduurwerk beleef tans 'n groot oplewing - ook onder jongelinge.
9 May 2024 9 min

Laeveld Deli uit Covid-nood gebore

Charmaine Lombard, 'n reisagent, moes tydens die Covid-pandemie 'n tweede inkomste begin genereer. Sy en haar man, Arno, het Laeveld Deli op die been gebring.
9 May 2024 9 min

Vlamfees die week gevier

Bergvlam se jaarlikse Vlamfees is in volle swang die week. Hoofdogter, Milde Cronje, en onderhoofseun, Ailton Novele, vertel Skedaddle wat dit alles behels.
8 May 2024 8 min

Hondeskou ten bate van DBV Witrivier

Die Witrivier-gemeenskap span saam om 'n hondeskou aan te bied met al die opbrengste wat die DBV in Witrivier ter wille sal wees. Pricille Smith van King Bean waar dit aangebied word, gesels saam met Lerna du Rand van Just Property en Felicity Lange met Sonop Ontbyt oor die Furr…
8 May 2024 9 min

Laeveld Lugskou hierdie naweek in Mbombela

Saterdag vind die Laeveld Lugskou, een van die grootste gemeenskapsgeleenthede in die Laeveld, by die Ou Nelspruit-lughawe plaas. Johan Heine en Naranda Leeuwner kuier by Skedaddle in die ateljee.
6 May 2024 13 min

Ossewaens: Jouberts versamel en restoureer vir volgende geslag

Mariette Joubert van Joubert en Seuns het maar in 2018 begin om 'n jarelange versugting te bevredig: sy wou 'n ossewa hê, en het hulle intussen begin versamel en restoureer. Haar en manlief Kobus se versameling staan al meer as 50 waens sterk. Sy gesels oor dié passie.
3 May 2024 19 min

Brandseisoen begin in die Laeveld

Die brandseisoen het amptelik afgeskop in die Laeveld. André Scheepers van Lefpa gesels met Sonop Ontbyt oor alles wat jy moet weet.
2 May 2024 12 min
420 – 440