Leeus reis na Mbombela vir Pumas-kragmeting Saterdag

Loading player...
Die Airlink Pumas het die Bulle Saterdag met 41-7 by Loftus verstom in die Carling Curriebeker. Die Griekwas het ‘n 47-17 oorwinning behaal oor die WP in Kimberley. In Durban het die Cheetahs die Haaie in ‘n gespanne stryd met 7-5 geklop. Die Boland Kavaliers het die naweek gister afgesluit deur die Leeus met 29-10 in Wellington te klop. Die Pumas is nou boaan die punteleer. M.J. Mentz, die agterlyn-afrigter van die Pumas, vertel vir Sonop Ontbyt hulle is slaggereed vir die Leeus Saterdag by Nelspruit-rugbyklub. Die afskop is om 14:00.
13 Aug 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Learn Beyond the Label hou werkswinkel

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
15 Oct 11 min

Wip op vir Flamboyant met 'n doel

Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
15 Oct 10 min

Big 6 - 500 Gong Challenge

Bernard van Rooyen en Geon Clark van die Laeveld-tak van Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging (BJV) het met Laeveld Brunch kom gesels oor die afgelope naweek se Big 6 - 500 Gong Challenge by Tanda Kutula.
14 Oct 15 min

Johannes Meyer doen die Big Pull

Johannes Meyer gaan vanaf November tydens The Big Pull 'n 16-ton-vragmotor van Centurion na die Paarl toe trek. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor die 40-dag trek.
14 Oct 10 min