100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,602 Episodes
1 – 20

Learn Beyond the Label hou werkswinkel

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
15 Oct 11 min

Wip op vir Flamboyant met 'n doel

Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
15 Oct 10 min

Big 6 - 500 Gong Challenge

Bernard van Rooyen en Geon Clark van die Laeveld-tak van Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging (BJV) het met Laeveld Brunch kom gesels oor die afgelope naweek se Big 6 - 500 Gong Challenge by Tanda Kutula.
14 Oct 15 min

Johannes Meyer doen die Big Pull

Johannes Meyer gaan vanaf November tydens The Big Pull 'n 16-ton-vragmotor van Centurion na die Paarl toe trek. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor die 40-dag trek.
14 Oct 10 min

Mahindra OJA kompakte trekker

Mahindra Nelspruit se OJA kompakte trekker is ideaal vir boere wat met kleiner gewasse soos bloubessies, avo's en makadamias boer. Michelle Prinsloo gesels met die Middag Game Drive oor hoe die regte implemente boere tyd en geld kan bespaar.
14 Oct 7 min

VLU Odonata hou fyntee

Die VLU Odonata hou volgende Saterdag 'n fyntee. Mariëtte Joubert gesels met ons.
13 Oct 11 min

N4-konstruksie: Dis hoekom

Daar is tans baie konstruksiewerk en rehabilitasieprojekte op die N4 aan die gang. Solange Soares van TRAC gee 'n opdatering van wat aangaan. 
9 Oct 10 min

Penryn bied aan The Things We Carry

Penryn College nooi Laevelders om die ervarings van jong kunstenaars te beleef met "The Things We Carry"-kunsuitstalling. Michelle Booysen, die kunshoof, gesels met Sonop Ontbyt oor die uitstalling wat vir die volgende maand oop is vir die publiek. 
7 Oct 9 min

Mahindra XUV 3XO

Ontmoet vir Barend Brecher van Mahindra Nelspruit. Hy gesels met die Middag Game Drive oor die XUV 3XO.
7 Oct 11 min

Casterbridge cake party

Angela Kent wou al vir lank 'n Koek-partytjie hou. Dit vind Saterdag ten bate van Huis Betlehem plaas by Casterbridge.
6 Oct 4 min

Spoedgholf vir Caleb

Volgende Saterdag bied die Barberton-buitebaan Spoedgholf aan ten bate van klein Caleb van Wyk wat aan 'n seldsame breintoestand, hemimegalencephaly (HME) ly. Sy ma Lara kuier saam met Leon Steenkamp van die klub in die ateljee.
6 Oct 6 min

KANSA mik hoog met Car Sit-in vanjaar

Die KANSA Laeveld "Car Sit-in" vind vanaf vanmiddag 14:00 by i'langa Mall plaas. Rinella Jansen van Vuuren en Elsie Fourie vertel vir Sonop Ontbyt dat hulle vanjaar daarvoor mik om binne die 48-uur R95,000 in te samel om KANSA se 95ste bestaansjaar te vier.
2 Oct 7 min
1 – 20