Geen meer voorbrande, sê Lefpa

Loading player...
Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van veldbrande te verminder. Hy vra dat almal saamwerk om verantwoordelike brandbestuur toe te pas. Rapporteer alle veldbrande dadelik by 086-066-3473.
19 Aug Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Hou asb. by die padreëls die vakansie

Wees veilig op die pad hierdie feestyd. Solange Soares van TRACN4 verduidelik aan die Middag Game Drive watter maatreëls TRAC alles in plek het.
16 Dec 11 min

Vind genesing in jou tuin

Kan jy genesing vind in jou tuin? Luister na die professionele opinie van 'n organiese groentetuin kundige Elzabé de Bruyn.
15 Dec 13 min