Zetske Izeboud (20 maande) het 'n ritueel saam met haar pa, Heinrich, en oupa, Willem Fourie: Elke oggend staan hulle in die voortuin en waai vir die Buscor-busse wat verbyry. Die pendelaars waai nou al terug en die busbestuurders toet vir haar. Sy is absoluut gaande oor enigiets met wiele,…
Daar is sedert sy opening in Mei 2019, geen instandhoudingswerk gedoen aan die Mpumalanga Hooggeregshof se gebou in Mbombela nie. Flip van der Walt van die Vereniging van Staatsamptenare verduidelik hoekom slegs enkele kantore en hofsale in gebruik kan wees tot instandhoudingswerk aan die dak en lugverkoelingstelsel teen 13 Desember…
Die Independent Media-groep is uit die Persraad van Suid-Afrika geskop na hulle geweier het om te voldoen aan twee uitsprake teen hulle. Beide was opiniestukke waarin joernaliste beledig is, sonder dat dit deur feite gestaaf kon word. Helene Viljoen, 'n media prokureur en verteenwoordiger op die PR se paneel van…
Rudi Oosthuyse van Grove SUPERSPAR se slaghuis (en Rudi se Perperwors-faam) is nou amptelik 'n legende - na hy met die Cleaver Legend-toekenning vereer is. Dit word uitgereik vir die wen van die meeste Cleaver-toekennings die afgelope 20 jaar.
Anke Strydom aangewys as die nuwe Little Miss South Africa 2024 en Chriske Schwirzer aangewys as die nuwe Miss Teen South Africa 2024. Hulle gaan die jaar verskeie liefdadigheidswerk- en -projekte aanpak tot voordeel van die gemeenskap.
Chané Steyn (graad 11) het ’n ongelooflike geleentheid gekry om aan die einde van die jaar by die Great Base Tennisakademie in die VSA aan te sluit. Vir die afgelope drie jaar het Chané verskeie prestasies en hoogtepunte behaal. Sy gesels met Charles.
Solidariteit hou Dinsdag, 5 November in Pretoria 'n optog teen die Bela-wet, waarvan kwessies oor taal- en toelatingsbeleid nog nie in werking gestel is nie. Tiaan Schoeman, 'n netwerk organiseerder in Nelspruit, verduidelik dat Afrikaanse ouers moet saamstaan om en masse hul teenkanting te wys. As jy nie saam kan…
Lonice Wessels is as die Sakevrou van die jaar aangewys by die SACBW se nasionale gala-aand vroeër die maand. Ashleigh Pauls is die Rising Star en die Nelspruit-tak is as die tak van die jaar bekroon. Dit beteken dat die AGM en Gala van die nasionale organisasie in Oktober 2025…
Span Carpe Diem het aan die onlangs Sasol-sonkraguitdaging deelgeneem. Hulle het in die Innovasie-klas deelgeneem. Dit was omtrent 'n ervaring. Die span kuier by Charles in die ateljee.
Nomathembu Thekiso is 'n hulp maatskaplike werker by Child Welfare in Witrivier. Sy vertel wat die grootste uitdagings is wat kinders in hul area tans ondervind.
Alicia Bullen is die enigste Laevelder wat volgende week aan die Wêreld-kampioenskap vir Fiksheid in Liggaamsbou gaan deelneem. Sy sê vir Andri sy is in staat om vir die afgelope twee jaar professioneel deel te neem aan dié sport.
Anrich Groenewald (14), 'n leerling van Curro Nelspruit, is hard aan die werk om self die fondse in te samel wat hom sal toelaat om die Academic Achievers Tour 2025 na die Ooskus van die Verenigde State te onderneem. Hy vertel saam met sy ma, Lené de la Rey, vir…
HKH Prinses Eurika Mogane is amptelik aangestel as een van ses Kommissarisse vir Geslagsgelykheid, deur president Cyril Ramaphosa. Sy gesels met Amanda.
Die Cobra-klub Suid-Afrika is die naweek in die Laeveld met hierdie ikoniese karre. Heinrich du Preez, die voorsitter van die klub, gesels met Sonop Ontbyt.
Jy is uniek en wat vir iemand anders werk, is nie noodwendig vir jou geskik nie. Watter dieet is ideaal vir jou? Leefstyl-afrigter Anntonette Roux het navorsing gaan doen.
Khayalami Hotel Group het die afgelope 16 jaar gegroei tot waar hulle vandag hotelle in Ermelo, Secunda, Standerton, Witbank, Kaapstad en Sandton ook het - buiten die oorspronklike een Mbombela. Tracy Nkosi-Manuel gesels met Sonop Ontbyt.
18 Oct 2024
12 min
280 – 300
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.