Meghan Wallace-Nagel is op pad na Suid Dakota in die VSA vir 'n "barrel racing"-kompetisie. Sy gesels met die Middag Game Drive saam met haar "momager" Franci Wallace.
Ken Treloar van Aerobotics se tweede boek. "Drone Data Metrics for Orchard Farming" is onlangs vrygestel. Hy is een van die gassprekers by die AmberMac Makadamia Ekspo.
Die Graskop Gorge Lift het R100 000 aan die SANParke Ereveldwagters geskenk om hul ondersteuning van die Krugerwildtuin na onlangse verwoestende oorstromings te ondersteun. Ons gesels met John Marsh, die voorsitter van die Laeveld Ereveldwagters.
Mpumalanga se Gesondheidsdepartement berig malariagevalle het toegeneem, met meer as 300 bevestigde gevalle verlede maand vergeleke met slegs 69 in Januarie verlede jaar. Die direkteur vir Oordraagbare Siektes, Mandla Zwane, sê mense moet toetse laat doen indien hulle simptome soos koors, hoofpyn of braking ontwikkel.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.