GWK veilings en Wildswinkel stel die Veewinkel-toep bekend

Loading player...
GWK Veilings en Wildswinkel het kragte saamgesnoer en hul omvattende kennis in die veilingsbedryf gekombineer om 'n splinternuwe aanlynplatform vir lewende hawe daar te stel. Hulle het die GWK Veewinkel-toep bekendgestel. Willie Meyer, hoof van GWK Veilings, sê dit is 'n platform wat virutele, aanlyn-veeveilings moontlik maak. Dit is gerieflik vir kopers asook verkopers teen 'n verminderde koste in terme van vervoer, tyd en gewigsverlies van diere. Wildswinkel waarvan die vormalige Springbok-rugbyspeler, Victor Matfield, die uitvoerende hoof is, het daarmee saam 'n bewese agtergrond in veilings van wild. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Meyer gepraat.
18 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Veediefstal is 'n toenemende probleem in die Vrystaat, deel 1

Veediefstal is 'n toenemende probleem in die Vrystaat, veral oor Kerstyd. In deel 1 gesels Isabel van Tonder met Professor Andries Raath, dagbestuurslid van die RPO in die Vrystaat. Hulle gesels oor die effektiwiteit van die huidige veediefstalwet.
1 Nov 10PM 2 min