Wat 'n boer moet weet | Goss- bakteriese verwelksiekte

Loading player...
Goss- bakteriese verwelksiekte het die Suid-Afrikaanse mieliebedryf aan die gons. Om ingelig te wees daaroor is nou die beste strategie sodat jy die regte besluite vir jou boerdery kan neem. Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, gesels in die heel eerste episode van sy potgooireeks Wat die boer moet weet met dr. Rikus Kloppers, ’n kenner van dié siekte wat in gewassiektes spesialiseer. Kloppers gee die agtergrond van die siekte en verskaf koelkop-raad aan boere. Die potgooireeks is daarop toegespits om boere met kennis te bemagtig. Die episode word trots geborg deur Pannar.
22 Oct Afrikaans South Africa Business · News

Other recent episodes

Is Suid-Afrika in ’n grondontleding- en interpretasiekrisis?

Grondontledings word gebruik as basis van bemestingsaanbevelings daarom is dit uiters belangrik dat die inligting wat daaruit kom korrek is. Die vraag is of boere finansieel sal baat met die konvensionele ekstraksiemetodes, oftewel “uitwasmiddels” as basis van bemestingsvoorstelle, of eerder met Mehlich-3 en wat is die slaggate. In hierdie episode…
22 Oct 28 min

Grondontleding: Volg akkurate metode en kry korrekte raad

Presisiegrondontleding is ’n belangrike hulpmiddel waarvolgens ’n boer besluite oor grondaanvulling neem. Indien hierdie ontleding nie akkuraat is nie, kan dit lei tot die verkeerde bemesting wat ’n direkte impak op opbrengs en insetkoste het. In die tweede aflewering oor dié onderwerp op Wat ’n boer moet weet vertel dr…
22 Oct 20 min