Het jy skuldgevoelens oor jou Desember uitgawes?
Loading player...
Rudolph Geldenhuys gesels met Pulane Nel-Sekepe oor die Desember-uitgawes wat vir baie huishoudings voorlê. Hy verduidelik waarom dit belangrik is om vroegtydig te beplan vir alles wat jy graag gedurende Desember wil aanpak – van geskenke en uiteet tot vakansies en gesinsuitstappies. Met ’n realistiese begroting en ’n duidelike plan kan jy die feestyd geniet sonder om jou finansies onnodig onder druk te plaas. Só weet jy presies waar jy jou geld kan bestee en waar om die streep te trek.
Deur elke maand ’n klein bedrag van jou salaris opsy te sit, kan jy geleidelik vir ’n meer stresvrye Desember voorsiening maak. As jy egter nie vooraf beplan en spaar nie, kan jy maklik probeer om al jou Desember-planne uit jou gewone maandsalaris te finansier. Dit is dikwels wanneer onverstandige finansiële besluite geneem word en meer geld as beplan bestee word. Die redenasie dat daar in elk geval nie genoeg geld is nie, kan daartoe lei dat jy eerder geld vrylik uitgee as om by ’n begroting te hou.
Die gevolge hiervan duik dikwels eers in Januarie op, wanneer die feestyd verby is en die werklikheid van onnodige skuld en ekstra finansiële verpligtinge jou in die gesig staar. Rudolph deel praktiese raad oor hoe om vooruit te beplan, jou uitgawes verantwoordelik te bestuur en steeds die lekker dinge van Desember te geniet – sonder dat Januarie met finansiële stres begin.