Testamente - Opvolg: Waar presies kan wat sloer?

Loading player...
In hierdie week se Wealth Wednesday beantwoord Rudolph Geldenhuys ’n paar vrae wat na aanleiding van die vorige gesprek met Pulane Nel-Sekepe oor testamente en boedelbeplanning van luisteraars ontvang is.

Rudolph verduidelik in meer besonderhede wat gebeur wanneer ’n boedel afgehandel moet word, maar jy as naasbestaande eers moet wag dat die Meester van die Hooggeregshof ’n eksekuteur aanstel voordat die proses behoorlik kan voortgaan. Hoewel hierdie wagtydperk frustrerend kan wees, is daar wel stappe wat jy kan neem om voorbereid te wees.

Hy gee ook praktiese raad oor wat ná die aanstelling van die eksekuteur gebeur, watter verantwoordelikhede en take voorlê, en wat jy as naasbestaande kan doen om te help verseker dat die boedelbereddering so vlot moontlik verloop. Die gesprek bied waardevolle leiding aan en help luisteraars om beter te verstaan wat om tydens hierdie proses te verwag, watter rol die eksekuteur speel en waarom dit belangrik is om die nodige dokumentasie betyds gereed te hê.
19 Oct Afrikaans South Africa Business · Business

Other recent episodes

JanuWorry - 'n budget kan die 'worry' weg vat

Die einde van 2026 het aangebreek, en soos elke jaar weet ons teen dié tyd reeds dat Januarie vir baie mense as JanuWorry bekend staan! Daardie laaste salaris van 2026 moet jou immers nie net deur Desember dra nie, maar ook deur Januarie. En soms voel dit asof jy ses…
20 Oct 8 min

Het jy skuldgevoelens oor jou Desember uitgawes?

Rudolph Geldenhuys gesels met Pulane Nel-Sekepe oor die Desember-uitgawes wat vir baie huishoudings voorlê. Hy verduidelik waarom dit belangrik is om vroegtydig te beplan vir alles wat jy graag gedurende Desember wil aanpak – van geskenke en uiteet tot vakansies en gesinsuitstappies. Met ’n realistiese begroting en ’n duidelike plan…
20 Oct 5 min

Die hoe, waar en wat van testamente

Wat gebeur met jou boedel wanneer jy sterf? En wat as jy ’n testament op jou e-pos het, maar dit nooit gedruk en behoorlik onderteken het nie? In hierdie week se Wealth Wednesday gesels Rudolf Geldenhuys met Pulane Nel-Sekepe oor alles wat jy moet weet rondom testamente en boedelbeplanning. Rudolf…
19 Aug 14 min

Het jou belegging ook hierdie 4 versteekde uitgawes?

Rudolf Geldenhuys gesels met Pulane Nel-Sekepe oor iets waaraan baie van ons dalk nie genoeg aandag gee wanneer dit by beleggings kom nie – uitgawes. Hy verduidelik die verskil tussen produktiewe en onproduktiewe uitgawes en help ons om die vier verskillende tipes uitgawes wat op beleggings van toepassing kan wees,…
18 Aug 8 min

Moet jy belasting uit die graf betaal?

Pulane en Rudolf praat oor 'n morbiede, maar tog noodsaaklike onderwerp – wat gebeur met jou finansies en boedel wanneer jy nie meer daar is nie? Baie van ons besef nie noodwendig dat jou afsterwe ook belastingimplikasies kan hê nie. Daar is verskeie kostes en belastingaspekte waarvan 'n mens bewus…
17 Aug 15 min