Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
1 KORINTIËRS 2
Paulus se prediking
1Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. 2Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. 3Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom. 4Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. 5Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.
19 Oct 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

DIE OPENBARING 4 God sit op die troon 1Hierna het ek, Johannes, in die hemel 'n deur gesien wat oopgemaak is, en die stem, soos die geluid van 'n trompet, wat ek die eerste keer met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal vir jou…
27 Oct 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Ds Kobus Botha

MARKUS 10 Jesus seën die kindertjies (Matt. 19:13-15; Luk. 18:15-17) 13Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas. 14Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My…
25 Oct 1PM 18 min

Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

LUKAS 17 Uitsprake van Jesus (Matt. 18:6-7,21-22; Mark. 9:42) 1Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. 2So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in…
25 Oct 3AM 24 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

LUKAS 18 Die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar 9Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel: 10“Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een…
24 Oct 2AM 22 min