
Schlettwein: Land se ontwikkeling moenie ten koste van omgewing geskied nie
Loading player...
Oud-landbouminister Calle Schlettwein sê die land se ontwikkelings moenie ten koste van die omgewing geskied nie. Dit volg op die teiken wat deur die Nasionale Beplanningskommissie se direkteur-generaal, Kaire Mbuende, gestel is om sekondêre nywerhede teen 2030 tot 25 persent van die BBP te laat groei. Mbuende sê omgewingskwessies moet nie die land se ontwikkeling kniehalter nie. Schlettwein sê ekonomiese groei moet gepaardgaan met omgewingsbewaring en maatskaplike ontwikkeling, want ons lewens hang daarvan af.

