Saterdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

Loading player...
JAKOBUS 1

1Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus.
Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is.
Groete!
Geloof en wysheid
2My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. 4En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. 5As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. 6Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.
25 Jul 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggendiens - Past Franko van der Vlies

DEUTERONOMIUM 6 Jy moet die Here jou God liefhê 1“Dit is die wet, die voorskrifte en die bepalings, wat die Here julle God my beveel het om vir julle te leer, sodat julle daarvolgens kan lewe in die land wat julle in besit gaan neem. 2“So sal jy die Here…
4 Aug 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Dr Enrico Casaleggio

2 KONINGS 5 19Elisa het van Naäman afskeid geneem, maar toe hy 'n ent weg was, 20het Gehasi, die slaaf van Elisa die man van God, vir homself gesê: “Meneer het hierdie Arameër Naäman laat wegkom sonder om iets te aanvaar van alles wat hy gebring het. So seker as…
2 Aug 1PM 20 min

Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

2 KONINGS 6 Elisa laat 'n byl op die water dryf 1Die profete het vir Elisa gesê: “Die plek waar ons van u onderrig ontvang, het te klein geword vir ons. 2Laat ons na die Jordaan toe gaan en balke kap om vir ons 'n bymekaarkomplek te bou.” “Gaan gerus,”…
2 Aug 3AM 24 min

Saterdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

2 KONINGS 4 Die weduwee se olie 1'n Vrou van 'n profeet het haar nood by Elisa kom kla: “My man is dood. U weet self dat hy die Here gedien het. Nou het die skuldeiser gekom om my twee seuns te vat en hulle sy slawe te maak.” 2Elisa…
1 Aug 2AM 18 min