Loodsepisode 1: John Deere Afrika Potgooi

Loading player...
Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen & 'n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas... Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies die uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope 182 jaar.

Die kernwaardes van integriteit, kwaliteit, toegewydheid en vernuwing vind gestalte in John Deere se mense, produkte en prosesse. Dit geld ook vir John Deere hier ter plaatse, suid van die Sahara. In die eerste van ‘n hoogs insiggewende potgooi reeks, met landbou deurlopend as die primere fokus, gesels ek met Jacques Taylor en Stephan Nel, onderskeidelik besturende direkteur en bemarkingsbestuurder van John Deere Sub-Sahara Afrika.

In hierdie loodsepisode wissel die gesprek van die fassinerende geskiedenis van John Deere in Suid-Afrika, met 'n skip wat sink en twee ploee wat herwin is, tot die maatskappy se uitgebreide handelaarsnetwerk, regoor Suid-Afrika en die res van die kontinent, tot John Deere se globale en plaaslike visie en missie. Soos wat Jacques en Stephan benadruk gaan dit oor die deurgee van eerstehandse inligting aan produsente, en, ten spyte van al die negatiwiteit tans in die hoofstroom-media, is die ware stand van sake oorwegend goeie nuus vir boerdery in Suid-Afrika...
29 Jan 2020 Afrikaans South Africa Business · Education

Other recent episodes

Van Vloed tot Vooruitgang: Corné Du Plessis se Strategie vir Suksesvolle Melkboerdery

Hoe bou en bestuur jy ’n suksesvolle melkery te midde van vloede, bek-en-klouseer, stygende produksiekoste en wateruitdagings? In hierdie episode gesels ons met die Suid-Afrikaanse melkboer Corné oor die groei en bestuur van ’n groot melkery in die Gamtoos- en Visriviervalleie. Hy deel sy ervaring met langtermyn-huurooreenkomste, groot infrastruktuurbeleggings en…
21 Oct 1 hr 10 min

From 1 Cow to 1,400 Dairy Cows: Richard Mingay's Journey

What does it take to turn one cow into a thriving dairy farming operation with 1,400 cows in milk? In this episode, South African dairy farmer Richard Mingay shares the remarkable story behind his journey from receiving his first cow, Flossy, as a young boy in Underberg to building a…
21 Oct 1 hr 12 min

Ginkel Jordaan: Die Geheim van ’n Next-Level Melkboer

Wat onderskei ’n goeie melkboer van ’n melkboer wat werklik sy boerdery na die volgende vlak neem? In hierdie episode gesels ons met Ginkel Jordaan oor die krag van samewerking in die landbou, die belangrikheid van produksiesyfers en hoe boere hul grootste uitdagings kan identifiseer en oorkom. Suksesvolle melkboerdery gaan…
12 Oct 1 hr 02 min

Episode 2: Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Agri SA Kongres 2019: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
18 Nov 2019 46 min