Ginkel Jordaan: Die Geheim van ’n Next-Level Melkboer
Loading player...
Wat onderskei ’n goeie melkboer van ’n melkboer wat werklik sy boerdery na die volgende vlak neem?
In hierdie episode gesels ons met Ginkel Jordaan oor die krag van samewerking in die landbou, die belangrikheid van produksiesyfers en hoe boere hul grootste uitdagings kan identifiseer en oorkom.
Suksesvolle melkboerdery gaan oor veel meer as net voeding. Dit vereis ’n holistiese benadering waarin melkproduksie, konsepsiesyfers, melk-vastestowwe, finansiële bestuur en spanwerk saam ’n rol speel.
Ons bespreek waarom voedingkundiges, plaasbestuurders en finansiële adviseurs gereeld om dieselfde tafel moet sit, hoe om die grootste bottelnek op ’n plaas te identifiseer en waarom dit dikwels meer effektief is om een uitdaging op ’n slag aan te pak.
Ons kyk ook na die groter landboubedryf en die waarde wat geskep kan word wanneer landboumaatskappye hul kennis, kundigheid en hulpbronne deel om boere beter te ondersteun.
Hierdie episode van Klipkouers word met die ondersteuning van CRV Suid-Afrika (CRVSA) aangebied.
Vind meer uit:
https://crv4all.co.za/