Episode 5: Siyavora & Nate Heinrich John Deere US

Loading player...
In Amerika dra landbou meer as $100 biljoen by tot die ekonomie. Boerdery ondergaan snelle ‘vernuwing’, veral wat slimtegnologie betref.

Derhalwe was dit uiters insiggewend om met John Deere afgevaardigdes Tavonga Siyavora en Nate Heinrich, van die VSA, te kon gesels en hoor hoe hulle die ‘vernuwing’ van landbou in Afrika sien, tydens die onlangse Africa Agri Tech-konferensie in Pretoria.

Tavonga en Nate, hoewel in verskillende hoedanighede, is altwee nou betrokke by Presisie Landbou-tegnologie, oftewel ‘Precision Ag Technology’.

Tavonga, beywer hom daartoe om produsente wêreldwyd te help om meer produktiewe, winsgewende en volhoubare boerderye te bedryf, en volgens Nate werk John Deere nou saam met hulle uitgebreide handelaarsnetwerk om te verseker dat hulle uitreik na klante groot en klein.

Dis hier waar die konsep van Ontwerpdenke, oftewel ‘Design Thinking’, inkom. John Deere moet bepaal wat die ekonomiese en landboukundige ruimtes van geleentheid is wat die maatskappy vir boere kan ontsluit...
27 Mar 2020 Afrikaans South Africa Business · Education

Other recent episodes

Van Vloed tot Vooruitgang: Corné Du Plessis se Strategie vir Suksesvolle Melkboerdery

Hoe bou en bestuur jy ’n suksesvolle melkery te midde van vloede, bek-en-klouseer, stygende produksiekoste en wateruitdagings? In hierdie episode gesels ons met die Suid-Afrikaanse melkboer Corné oor die groei en bestuur van ’n groot melkery in die Gamtoos- en Visriviervalleie. Hy deel sy ervaring met langtermyn-huurooreenkomste, groot infrastruktuurbeleggings en…
21 Oct 1 hr 10 min

From 1 Cow to 1,400 Dairy Cows: Richard Mingay's Journey

What does it take to turn one cow into a thriving dairy farming operation with 1,400 cows in milk? In this episode, South African dairy farmer Richard Mingay shares the remarkable story behind his journey from receiving his first cow, Flossy, as a young boy in Underberg to building a…
21 Oct 1 hr 12 min

Ginkel Jordaan: Die Geheim van ’n Next-Level Melkboer

Wat onderskei ’n goeie melkboer van ’n melkboer wat werklik sy boerdery na die volgende vlak neem? In hierdie episode gesels ons met Ginkel Jordaan oor die krag van samewerking in die landbou, die belangrikheid van produksiesyfers en hoe boere hul grootste uitdagings kan identifiseer en oorkom. Suksesvolle melkboerdery gaan…
12 Oct 1 hr 02 min

Episode 2: Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Agri SA Kongres 2019: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
18 Nov 2019 46 min